• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Valentyn van die verlatene

Started by Marius, June 10, 2013, 04:06:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Valentyn van die verlatene

Ek skryf jou haikoe
na ons bitter egskeiding,
op Valentynsdag.

My persoonlikheid
is soms bietjie gesplete,
as dit kom by jou.

Rooi en wit rose
in ons Shakespeare huwelik,
eis my Juliet.

Liefling Valentyn
Rosa Alba van my rym,
doring vol venyn.

Cliché op jou trap
lĂȘ ek glimlaggend en huil,
'n Trechikoff traan.




* Die oorsprong van Valentynsdag is na aanleiding van die Rooms-Katolieke Prediker Valentyn wat in die geheim monogamistiese Romeinse Christen soldate in die huwelik bevestig het. Keiser Claudius het gelas dat enkelmaat verhoudings vir soldate verbode was omdat oor hulle gesinne bekommerd was as hulle in 'n geveg sou omkom. Die doodstraf was opgele aan oortreders wat enkelverhoudings gehad het. Valentyn is veraai en het verlief geraak op sy Regter se dogter. Net voor Valentyn se teregstelling het hy in die geheim 'n nota aan die regter se dogter gegee met die woorde "Wees my Valentyn". Hy is op die 14de Februarie die doodstraf toegedien.

Die Rosa Gallica en Rosa Alba, afkomstig vanuit Rome en Krete, is die oeroue wit en rooi voorouers waaruit hedendaagse rose kom.
In die gedig versinnebeeld die rooi en wit rose die familiekentekens van Romeo en Juliet se vyandige families wat hulle geheime en tragiese liefde genoodsaak het.