• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

kosmiese voetspoor

Started by Jeannedarc, June 04, 2013, 02:21:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Ek, homo sapiens
Staan 'n voet of twee

Ek, homo sapiens
Trap 'n spoor
'n duim of twee


Ek, homo sapiens
Is 'n kol
Op hierdie aardse
'n picometer, of dalk twee

Die aarde se wentelbaan
Is 'n kilometre of twee
Om die son

Die aarde se voetspoor
In die son se wentelbaan
Miskien 'n meter, dalkies twee

Ons son se spoor
In die melkweg konstellasie
Ook maar net 'n kolletjie
In die oneindige

Ek, homo sapiens
In al my grootheidswaan
Is eintlik maar net
'n elektron in die niet

adele

Quote from: Jeannedarc on June 04, 2013, 02:21:54 PM

Ek, homo sapiens,
staan 'n voet of twee

Ek, homo sapiens,
trap 'n spoor...
'n duim of twee

Ek, homo sapiens,
is 'n kol
op hierdie aardse,
'n picometer, of dalk twee

die aarde se wentelbaan
is 'n kilometer
of twee
om die son

die aarde se voetspoor
in die son se wentelbaan
miskien 'n meter, dalkies twee

ons son se spoor
in die melkweg konstellasie
ok maar net 'n kolletjie
in die oneindige

Ek, homo sapiens,
in al my grootheidswaan,
is eintlik maar net
'n elektron in die niet.


dit gee 'n uitsig op die grootheid van die aarde teenoor die heelal
ek het so hier en daar 'n hoofletter uitgehaal, maar dis nog Natalie se besluit wat sy wil doen 

:grommit: 
adéle  :grommit:

Jeannedarc

dankie Adele

al die hoofletters kan eintlik maar uit - ek sal dit verander.

Fransi


Jeannedarc

kosmiese voetspoor is about the smallness of mankind in the universe or should I rather say the invisibility of mankind in the infinity of the universe. thank you Fransi and Adele.

PM

Dit is pragtig Natalie.  Ek het darem die voorreg gehad om te luister hoe jy dit voordra toe dit nog "in wording" was.
Om te weet is om te verstaan.