Meisie op die brug
Die glimlag was ‘n masker,
haar lewe was ‘n leuen.
Niemand kon haar meer troos nie
sonder skare staan sy -
alleen,
want nie alle wonde wys nie
en woorde kan soms moor.
Haar gees al so lank gebroke,
haar sinne so naby aan verloor:
“More is daar geen pyn nie, dan is alles al verby”
niemand het haar hoor praat nie,
en swak, bewend, het haar hande
die brug se reeling voel-voel gekry.
“Moet ek bieg in ‘n brief, vir oulaas?
Ek sal tog net weer lieg.” dink sy,
en in haar daal ‘n donker stilte
oor haar demonehel se raas.
So pragtig voor haar die vista,
hier op die randjie van haar dood,
onder kronkel kille klippe,
die verlossing van haar nood.
Haar liggaam pleit
nee,
haar hart eis ja,
met 'n lam geskuifel,
was dit die einde van haar vrae.
In stilte stort Van Staden,
sy sewe en tagtigste traan.
Eers later sou stappers haar daar kry,
verpletter,
net soos haar lewe.