• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Liedjie vir jou mamma

Started by Ans Botha, June 03, 2013, 04:31:41 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

ek bring vandag hulde aan jou mamma
aan die kere soveel jare gelede
het mamma gewaak
gepantser met gebede
daardie donker bruin oë
vol angs langs my bed gewaak

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
vir elke roos uit jou hand ontvang
die saamwees elke dag
lang ente se stap langs die rivier
wyse raad elke drukkie elke traan

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
hier langs jou graf
weet ek sal jou nooit kan vergeet
van liefde so groot soos jou hart
uit jou moedershand

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet




Meraai vannie Baai

Ans dit is prrrragtig en sou ook perfekte lirieke wees as iemand dit vir jou kon toonset  :love7: :notworthy:

PM

Baie mooi geskryf Ans.  Ek stem, daardie refrein soek na note. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

pragtige woorde en herinneringe.

:grommit: 
adéle  :grommit:

Ans Botha

Dankie aan almal van julle ek waardeer julle komentaar baie

Meraai vannie Baai

Toe ek hierdie woorde lees het Andre Bayman se liefste mamma van my dadelik op die voorgrond weerklink. Kan my net indink hoe pragtig jou lirieke kan klink Ans. Hier is die skakel na Andre se liedjie opgedra aan sy mamma.

http://www.youtube.com/watch?v=vT0vwpDmD9M&feature=related

007 kom bedel: Ans, mag ek groot asb hierdie bydrae van jou in ons boekie van woorde by die lirieke afdeling ook gaan bewaar?

Ans Botha

Dankie vir die skakel Meraai. Jy is welkom om dit te doen.

Ans Botha

Ek het gaan luister Meraai dit is so mooi. Weereens in trane!