• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ekke het die dag afgevat

Started by Louis, June 01, 2013, 05:54:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

eergister, haal ek n wildsboud uit die vrieskas wat al seker vir 6 maande daar le en....wel oud word. los dit om te ontvries.
gister het ek die ding uitmekaar gesny, al die lekker wynrooi vleisies vir my pot en al die res vir my hond se pot. almal kry die selfde kruie en dinge wat nodig is en die potte is aan die kook gesit. heel dag gekook tot gisteraand 9 uur se kant, als afgesit en so laat staan. oggend vroeg is als weer aan die gang gesit vir n rukkie, die vleis gevlok(met n v)klompie uie en aartappels bygesit en weer aan die kook totdat daar net n pot vol fyn vleis oorbly.
Toe kom my eerste poging om pasteie te maak. deeg het ek by OK minimark gekoop, lekker dun gerol en n paar plat pasteie gemaak.......dis nogal n kuns die en dit vat oefening (wat ek nog nie het nie), so ek kies n ander roete. ek vat sommer die groot muffin panne. druk die nodige ronde deegies uit met n canfruit bottel se bek, en die dekseltjies met n wynglas. dis darem maklike werk die.......skep die panne vol, plak die deksel op, verf met eier en siedaar.
damnit maar die goed het mooi uitgekom en my hond en die bure is dol daaroor. nou is my hond dikgevreet aan sy pot.....ekke het n glas OB's beet en terwyl die weer dreun en donder daar buite,is als nou rustig. lekker afdag gehad

Angelica

Halloooo....  mag ek  maar iets se??
Jy verdien dan daardie oubies. Enjoy.

Lewies is 'n man na enige vrou se hart.  Daar is nie 'n ding wat hy nie doen in die kombuis nie.  Was selfs af en toe skottelgoed.
elle

Louis

#2
   hahaha....ja nee ek doen enige ding innie kombuis, maar ons praat liewer nie daaroor nie .   soms ook skottelgoed ja

Angelica

 :tongue3:
Geen wonder jy kry so min tyd vir skottelgoed was. 
Stiffie   :grommit:    moet maar vanaand binne slaap. hopeloos te koud. 
elle

PM

Ag heerlik, waar was ek?  Lief pasteie en hannes lief sooibrand so baie, hy eet sommer 'n pastei.   :icon_biggrin:

Dit is voorwaar 'n voorreg om 'n handige (en ander dele) man in die kombuis te hĂȘ.   :icon_biggrin:  Hannes het gisteraand vir ons maalvleisbolletjies gemaak en ons het heerlik daaraan gesmul, met rooiwyn natuurlik. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe heeerlik heeerlik!! Lewies, jy en myse Toppie moet fam wees bedink ek dit nou so in die stilligheid  :icon_biggrin: