• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skimme van gistersfontein

Started by Louis, March 04, 2013, 05:23:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Groen oe     tuur    deur n sluier van gister se onthou
waar dansende gedaantes in wasig glim ontvou
skimme
van n klipbankie     hoog teen n krans van Gordonsbaai se see
Woodbridge se koi dam    die kleurryke visse wat speel
Sewenwagt se piekniek bome en perke
die koningin van alle berge
die reuk van botaniese tuine
dolphin beach se klippie strand en duine
die berg se steilte by Smitswinkelbaai
beachcamp se A raam huisies    fraai...

skimme van samesyn
skimme van gistersfontein

PM

Pragtig Louis.  Dankie dat jy weer kom deel het.  Ons het jou gemis. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wonderlik om jou weer raak te lees! Ek geniet nog steeds jou bydraes in boek 1 Louis! Hoop dat jou werk ook gaan pronk in boek 2  :hello2: :icon_salut:

PM

Moenie vergeet van die pragtige sketse nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek weet! Die boek was blaai vir blaai afgeneem en ek't vir ons 'n dvd met klank by daarvan gemaak PM. Die sketse, ander kunswerke en AB se fotos is sooooo pragtig. My familie was gaande daaroor!!

PM

Eendag as ek groot is, gaan ek beslis kom kyk daarna.  Louis het na boek 1 die pragtigste diere sketse hier in sy eie plekkie kom plaas.  Dit moet net boek 2 toe gaan. 
Om te weet is om te verstaan.