• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Klein Karoo

Started by Angelica, May 23, 2013, 06:12:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Klein Karoo

O Klein Karoo van klip en vygie
waar die rooi son oor die spitse sy kop kom lig
en die skadus van die heuwels
soos lang vingers die dag nader wink.
Dan kruip jy in my hart
en word ons perd en ruiter
wat saam galop.

Galop ons oor die vreugde van die lewe
en na waters waar rus is,
klap die hoewe van die tyd.

In jou is die polsslag van oorlewing
deur vet en maer gety,
saam is ons deur die jare
as pottebakkersklei berei.
God en mens,
mens en natuur,
natuur en God
in ons gekastei.

©Cornelis
elle

PM

Baie mooi Cornelis. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

PM

#3
Dankie Adéle, ek het daar bo-oor gelees.   :wave:

Ek verstaan ook nie die laaste woord van die volgende strofe nie.  Wat sê die skrywer?

God en mens,
mens en natuur,
natuur en God
in ons gekastei.
Om te weet is om te verstaan.