• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Werkend-wagtend

Started by Angelica, May 23, 2013, 06:17:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Werkend-wagtend

Smaraglane permiteer die grys grond.
Kontoere wat sweet verswelg
wals oor rante van die land
soos reuse reptiele in die somerson
kronkel hul blink lywe
al agter die ploegskaar aan.

Die son se onontferming
suig die lafenis uit sy lyf
en saam met perde sweet hy,
druppels plonsend na benee.
Edel arbeid ruik na die oes
wyl skure wag op beloftes
soos hy ...  op die reën.

©Cornelis
elle

PM

Baie mooi, ek sien die sooie kronkel soos reuse reptiele. 
Om te weet is om te verstaan.