Author Topic: visvang mei 2013 nr 4  (Read 8690 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
visvang mei 2013 nr 4
« on: May 19, 2013, 05:29:09 PM »
so het ek en piet en peet besluit om sondag oggend vroeg pad te vat huistoe, ompad te vat huistoe.

toe ons die bakkie begin pak wie die bontebokke aan die anderkant van die huis

die foto het ek deur die ruit geneem



maak toe die ruit oop om 'n helder foto te neem maar die trop skrik toe en hardloop weg. die 2 het nog gestaan en wonder en ek kon hulle gou afneem maar toe is hulle ook weg.




ons is half 9 daar weg en eers witsand toe om te kyk hoe lyk die riviermonding en daarna is ons al langs die rivie rop met die grondpad.

by die deurgang gekom moes ons eers vir die pont wag om oor te kom na ons kant toe



hier is ons oppad of eintlik op water na die oorkant na malagas toe.



so lyk dit stroomaf by malagas vanaf die pont.



dit is die nuutste tariewe vir die pont. die vorige keer wat ek hier was was daar 'n tarief vir skape wat aangejaag word en wat moet pont ry maar lyk my die gebruik van skaap aanjaag oor die rivier het gestop.




ons ry toe tot op die knop en na 1 km draai stroomop oor 'n plaas. geen pad vir plat karre nie maar maklike pad vir hoë bakkies.

sowat 1 km stroomop van die pont maak die rivier die perdeskoendraai. aan die regterkant van die foto, aan die oorkant van die rivier, so amper by die kort draai is daar bome en 'n sandbank. 19 jaar gelede het 6 van ons jong manne ( net ek en my neef kobus was al getroud daai tyd) een saterdag oggend witsand toe gery en 2 bote saamgesleep. braaigoed, kos en slaapgoed gepak en die water by witsand aangedurf. die rivier was mooi plat daai dag. ons het rustig opgevaar en langs pad gebraai vir middag ete. teen laat middag het ons op hierdie genoemde plek afgekom en die bote daar teen die sand uitgestoot en ons self rustg gemaak vir die res van die dag en nag. diet het nogal gesukkel toe hennie 12 uur die nag wou leer ski, maar dit is geprobeer.
het daai tyd geseg: " sjoe dit was lekker ons moet weer so maak" dis nou 20 jaar later, al 2 skuire is verkoop en ons het dit nog nie weer gedoen nie. die les wat mens daaruit leer is as jy iets wil doen reël dit indien moontlik en doen dit.



in elk geval behalwe i kraamgeval, my neef wat hier langsaan geboer het, het verlede jaar sy plaas verkoop en 'n huis teen die rivier gekoop.




en dis hoe die rivier van hulle stoep af lyk



die foto is onder by hulle jetty stroom af geneem



en die foto is stroomop geneem




daar is klomp erwe teen die rivier en hulle is so amper op die punt van waar die erwe uitgegee was.

daar kom baie bote verby en soms gebeur dit dat die mense nie die rivier ken nie en met laagwater ry hulle op 'n sandbank so links van die huis. dan kan jy maklik hoor aan die taal of die mense nugter is of minder nugter


die 2 het dit gemaak sonder vassit


dit was juis laagwater toe ek die foto geneem het.

hulle is 44 km rivierlangs stroomop van die see af en die hoog en laag water is 4 uur later by hulle.



terug op die plaas het ek opgelet dat die herfs kleure het erg deurgekom in die paar dae wat ek weg was.



en dat ander plante begin ontwaak







die omgewing lyk darem net mooi as mens weet waarvoor om te kyk
ons is dankbaar vir wat ons kon geniet en dat ons weer veilig tuis is

fluit fluit my storie is uit

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #1 on: May 20, 2013, 12:06:53 PM »
Dit is baie interessant en pragtige foto's AB.  Baie dankie, ek sal beslis weer hier 'n draai kom maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #2 on: May 20, 2013, 12:14:46 PM »
Hier's ek weer.  Ons het ook die ervaring van die pont gehad. Daardie jare (dit is ook lank gelede) het ons R1.00 betaal om met ons voertuig oor te vaar.  Was ook net betyds, sesuur die middag, anders moes ons die langpad vat. 
Die ouens wat dit nog nie gedoen het nie kan gerus.  Dit was 'n ervaring! 

Ek verstaan ook dat dit nog die enigste pont is wat in SA bedrywig is.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #3 on: May 20, 2013, 07:07:54 PM »
Malgas Pont
Location:  Western Cape, Witsand

Malgas is where that you will find the last hand-operated ‘pont’ (ferry) in the country; a vital link between the east and west bank communities of the Breede River.

Malagas was an 'inland port' for steamboats transporting provisions to the Swellendam area. Today Malgas is famous for its 'man drawn' pontoon across the Breede River - a service begun in 1860 and still operational today.

The pont is the last working example in South Africa. Vehicles and pedestrians are manually hauled across the river, with special rates for lifestock. This service operates from sun up to sun down. A trip on the pontoon conjures up visions of bygone days when it was a life-saving form of transport for produce, cattle and residents.

The Malgas pontoon has been slightly upgraded with rails to ensure that neither people nor vehicles fall overboard.

Malgas was originally named Malagas (probably a reference to Malagassy, or Madagascar, from where many slaves to the Cape originated from). As a result of problems with mail landing up in Malaga, Spain, the name was officially changed to Malgas, which is incidentally the Afrikaans name for the island-breeding Cape Cormorant.

The area is renowned for all kinds of watersport. Swimming, surfing, windsurfing, deep sea and river fishing, rock, boat & fly fishing, river cruises, canoeing, sailing, spear-fishing, snorkeling and skiing are all to be enjoyed.

http://www.encounter.co.za/malgas-pont.html

The Pont at Malgas

 Before traveling from Cape Town was made easier by road, Malagas was an inland port for steamboats transporting provisions to the Swellendam area. Malagas was the name of a Hottentot chief, whose kraal was situated near the site of the Malagas village . The name of the village was changed to Malgas because in the early days of the Postal services, post for the village ended up in Malaga Spain! But today the village is not known for the steamboats, the Hottentot Chief, or even the port but rather from the man drawn pontoon across the Breede River. The pont was a service which was started in 1860 and is still in operation today as the last working example in South Africa. The pont runs from sunrise to sunset and hauls vehicles, pedestrian and livestock across the river.
 Why not take a drive and experience a service from a bygone era.

http://www.wheretostay.co.za/information/topic/4348

Have you ever crossed a river by pontoon? Could it be that many Overbergers have never experienced the old
romanticism of bygone days? The last pontoon which is still in operation in South Africa, is in the Overberg across the
Breede River at Malgas.
Dutch travellers and expeditions came to many rivers they could not cross. They built floats and sometimes used a boat
which they took with them knowing of a river ahead. Abraham de Haan built the first pontoon across the Berg River in the
eighteenth century. The farm in that vicinity is called Oudepont (Old pontoon). Farmers in the area contributed to the
upkeep of the pontoon which was in use for at least a century. There was a pontoon across the Little Brak River as well.
In the Overberg there were quite a few pontoons in use, such as the one across the Palmiet River — a difficult
river when in flood. In 1885, a pontoon named Fredericka, was built across the Sonderend River between Stormsvlei and
Swellendam. Another across the same river, was at the farm Vrede belonging to the Humans. They now have a guest
house in the old Pont House where tourists can reminisce of days gone by.
Swellendam had a pontoon across the Breë River in the middle of the eighteenth century. A certain Gideon van Zyl
operated crossings and the payment was by bartering farm produce. During the Barry reign, a strong pontoon was built
at Malgas. The Barry stores were on the banks of the Breë River, which enabled their clients to bring their wagons right
up to the counter, after the pontoon-crossing. James Holman, a blind traveller, used the pontoon one day and described
it as a floating bridge 15 metres long and 4 metres wide. It was pulled across the river with ropes.
Sometimes accidents occurred when a wagon slipped off the pontoon and landed in the river. But this was not as bad as
when a car would slip off and cause the owner many problems. The Malgas pontoon is now made safe with rails around
the edges. The pontoon operator who served for decades, was Moxie Dunn. He stopped working only recently. The
pontoon is one of our popular tourist attractions and is in operation from sunrise to sunset. Travelling from Witsand at the
mouth of the Breede River, to Malgas and the N2 National Road, tourists can themselves experience this crossing of the
river by pontoon.

http://www.overberg.co.za/index2.php?option=com_content&do_pdf=1&id=86

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #4 on: May 20, 2013, 11:12:18 PM »
WOW!!!!  :notworthy: :hello2: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #5 on: May 21, 2013, 08:46:45 AM »
Dankie AB, ek lief sulke inligting.  'n Mens kry nie altyd die tyd om dit self te gaan naslaan nie, of jy dink net nie daaraan nie. 
Jy is 'n ster! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #6 on: May 22, 2013, 03:09:45 AM »
pleiser PM, ek het slef iets geleer daaruit. ek het gesien nou die dag op 2 geboue staan Malagas geskryf en tog word dit op die kaart as Malgas aangedui, nou weet ek ook wat die rede is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #7 on: May 22, 2013, 06:58:20 AM »
Goed om "opgevoed" te wees.  My ouers het geglo dat reis 'n groot deel van 'n mens se opvoeding is.  Dit was altyd 'n raaisel, maar later verstaan 'n mens waaroor dit gaan.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: visvang mei 2013 nr 4
« Reply #8 on: May 22, 2013, 07:04:27 AM »
Lieflik en ek die inligting vreeslik geniet!