• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Swyg en verduur of praat en versuur?

Started by Meraai vannie Baai, December 10, 2017, 05:29:48 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

I mean what I say, and I say what I mean - not to be mean, just being myself.
Warning: Sometimes this does not work out very well!

Jammer ouens, ek kan die boonste twee lyne om die dood nie vertaal in Afrikaans dat dit nog sin maak nie.  Ek het gepraat EN die verhouding tussen familie na aan die hart, is nou versuur  :crybaby2:

Agterna weet ek nog steeds nie of ek anders sou optree, sou die horlosie vanself kon terugdraai nie. Wat is jou ervaring van 'wees asseblief eerlik en se as iets jou pla..." ?

Naas

Ai toggie Ta Raaitjie!!! Ek het maar min familie wat nog nie vir my dikbek was nie. Daar is mos een helse steil afdraend tussen my brein en my tong so die woorde gaan teen die spoed van witlig deur my lippe. Ek het nou al geleer dat hulle maar met die waarheid moet saamleef en as hulle nie daarvan hou nie moet hulle my maar afskryf.

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

#2
Ek verstaan nie altyd hoe ander die lewe rondom hulle ervaar nie. Ek verkies om die waarheid oor myself te hoor anders kan ek myself nie "regmaak" nie. Al maak dit seer. Ander rondom my voel nie altyd so nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie Naas! Ek wroeg nou al vir weke oor my 'eerlikheid' en mense na aan my is seergemaak maar ek het sterk vermoede dat ons dieselfde voel en ek sou dus weer dieselfde opgetree het.  Not to be mean - just being myself.