• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jou spoor

Started by PM, May 15, 2013, 04:19:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Jou spoor
 
Die klam blou stilte in die somerson se lyf
ontplooi rustig op die melodie van die groeiende dag
wyl rimpels van die uur se klawers
al wyer oor die verste newels kring
 
hier     waar langsaam die tyd verrys
as ballade van sekere verganklikheid
ontmoet stilte
en groeiende verlange
totdat die hol drumpel van my dors
jou voetsool roep
wat fluweel en hout versoen
tot lewe     soos die lig 

© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

...'die hol drumpel van my dors
jou voetsool roep'

Pragtig.
elle

Ah Willa

 :toothy4: ek wou die selfde reeltjie aanhaal en se wow - maar Angelica het my voorgespring  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Fransi

"Die klam blou stilte in die somerson se lyf" Lief die personifikasie.

PM

Om te weet is om te verstaan.