• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Inkwisissie van die vliegmasjien

Started by PM, May 15, 2013, 04:20:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Inkwisissie van die vliegmasjien

wat is dit wat hier in die donker skuil
my nagwaak oor die duister
wat soos Gibraltar onbeweeglik in my psige staan
my hart se ritmes bonsend in my bors laat slaan
hier in my  groei die onrus soos die springgety
wat is dit o my siel dat jy nie rus wil kry
die mure van die nag het my ingesluit
my vasgehou in volgehoue onsekerheid
wyl ek my hart en gedagtes deurpriem
soek ek na die lig se skakelaar
wie is dan nou die uur se martelaar
jy wat in vryheid die lug deurklief
jou oog op asuur en reliёf
of ek     in die donker hoekie wat na binne loer
waar is die requiem van die swygende troebadoer
wat sing hy saam met gestolde toere van die groot masjien
waar ek nou jou lag net in my kop nog sien
want hier in die dieptes van my intuïsie
het ek wetend nie geweet van die meganiese inkwisisie
wat kil jou vonnis in staal voltrek het
maar tog is ons oorwinnaars wat daarop let...
     want in grepe van die oneindige jaar
      is ons net n paar tree van mekaar

© Cornelis 


Opgedra  aan Amore Bekker
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle