• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons is so verskillend

Started by PM, October 19, 2011, 04:41:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons is so verskillend, maar tog so dieselfde.  So anders, maar tog so eenders. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

daarom kan ons gedagtes soms kruis    :love7: 

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

Dit is so verskriklik waar.
Elkeen is uniek, tog is ons so baie dieselfde.
Kyk net na die Smileys hier bo... dit is presies hoe ons eenders en tog verskillend in persoonlikhede is.
Ons moet net mekaar kan verdra... ons hoef nie tot perskemoes lief te he nie, net verdra.
elle

Meraai vannie Baai

Hoe geseend is ekke .... wie kan nou mooier woordspore volg as wat ek vanoggend hier uitgestrek voor my sien!  :book1: :notworthy:

PM

#4
Ek is julle perskemoeslief.   :love7:  Oppas Elle, ek steel jou letters uit jou abiesie uit.

Alhoewel ons almal ons eie geite het, het ons almal dieselfde basiese behoeftes. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

haai more almal
ons ry naby Johannesburg al, en nou kuier ek gou biki oppi skoottoppie, mag jul almal 'n kosbare dag he.
lief Pm'ie as als goed gaan sien ons jou na 12 of eenuur iewers. hou duimvas.

adéle  :grommit:

PM

Ek wag rustig Adéle.  Hoop julle ry veilig.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Nee liewe land... lyk my dis al wat julle daar bo innie land doen.. KUIER.
Moet ons Suidlanders net werk werk werk?
Het jy genoeg rooiwyn PM?

Jy kan maar daai perskemoeslief in jou abiesie plaas.  Dis fine.
elle

Meraai vannie Baai

Ek rol die uitdrukking van kies tot kies en raak alweer van vooraf verlief op ons mooiste mooiste taal  :love7: Per-ske-moes-lief .......  :hello2:

PM

Wens ek julle was hier gistermiddag Elle. Dit was 'n ou kort kuiertjie, maar ons het elke oomblik daarvan geniet. 
Gelukkig het Adéle se twee manne 'n takie gehad om af te handel en ons kon langer kuier.
Gelukkig het Natalie ingestap en sy kon ook vir Adéle ontmoet en toe kuier ons eers.
Gelukkig het die manne eers 'n bietjie saam gekuier en toe kuier ons dat dit bars.
Gelukkig kom Hannes toe hier aan en toe kuier ons...
Sien, ek het 'n wonderlike gelukkige dag gehad. 
Gelukkig toe kuier Natalie nog die aand, toe het ek 'n wonderlike gelukkige aand ook gehad. 
Blessed art thou who have friends.  :notworthy:  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Quote from: PM on October 19, 2011, 04:41:43 PM
Ons is so verskillend, maar tog so dieselfde.  So anders, maar tog so eenders. 

hierdie is eintelik 'n mooi manier om eintlik niks te se nie
*The one and only AWESOME-EST


PM

 :sign10:  Sê wie?   :icon_biggrin:
Dit beteken, al soen elke man sy vrou op 'n ander manier, elke man wil soen!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

maar dit is mos logies. watse manne hou nie wat soen nie?? hehe ek speel net
*The one and only AWESOME-EST


PM

Lees ek nou weer hoe lekker ons daardie dag saam gekuier het.  Dit is darem 'n troos, want ek weet een van die dae, dit is nou volgende Woensdag, kan ek weer huistoe gaan en lekker saam met my mense kuier.  Nou begin ek weer tel:  Dit is nog net 9 slapies. 
Nege, want ek wil een ekstra slapie by my vriendin in New Castle gaan oorslaap.  Ons ken mekaar nou 42 jaar!
Om te weet is om te verstaan.