Author Topic: anderste vakansie 2  (Read 7460 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
anderste vakansie 2
« on: March 19, 2013, 03:28:43 AM »
2

Op Colesberg gestop om bene te rek, draai te loop ( die padwerke was te min) en koeldrank te kry. Man kon ook nie net ry en ry en ry nie, soms bene rek ja.
Op Colesberg is ‘n man wat se naam ook Johan is en hy werk as werfvoorman by die vulstasie. Johan Lorrie stop elke keer daar om vir Johan Colesberg moed in te praat en dan ry hy weer verder. Op so manier beteken Johan ook vir ander mense iets langs pad.




Ek hoop ek is min of meer reg met die statistieke.
Mercedes Acrtos 2748 ( Johan hou niks daarvan as ek van die Mercedes Atos praat nie)
Die 27 van die nommer meen hy kan 27 ton weeg op die perd se 3 aste saam waneer hy gelaai is. Die dra vermoeë
Die 48 beteken 480 perde….die laaste syfer maal 10 is die perdestalle
Ek kry nie die 100% korrekte enjin op die net nie maar min of meer:
V 8 dubbel turbo enjin, seker so 12 na 14 liter inhoud
480 perdekrag = 360 kw @ 1800 rmp
2300 nm @ 1080 rpm

En weer die langpad aangevat.



Suidekant van die Oranjerivier. Cheetha wêreld voor ons.



Die waterskeiding



Soms het ons ook die voorreg om ‘n stadiger lorrie verby te steek. Jammer die die engels maar ek praat al van ek kan onthou van lorries, dis vir my net ‘n groter ding as vragmotor. Ek het langs die treinspoor gerootgeword en ‘n trok loop op ‘n spoor.




Nog padwerke en ons wag en hier sien ek die mooi meisie voor my, moet haar darm afneem.



Hier staan Bekey soos Johan die lorrie noem,



Die ratkas
Vol of semi outomaties, geen voet koppelaar. Die drywer kan kies of hy wil self ratte oorsit en of als outomaties moet wees.
16 ratte vorentoe.   2 ratte agtertoe.
Waneer jy wegtrek en die pedaal plat hou doen die rekenaar al die werk.
Die enjin revolusies kom self af om die volgende rat te vat. Oor daar so baie ratte is word sommige ratte oorgeslaan, hy belsuit self waar om te vat. Waneer jy begin rem skakel hy ook self na laer rat  (af gear) en terwyl hy dit doen jaag die rekenaar self die revolusies op sodat die enjinspoed by die nuwe gekose rat kan pas.

Daar is uitlaatrem (exhaust brake) maar ek sien Johan gerbuik dit min.
Daar is ‘n oliepomp wat olie deur ‘n klein gaatjie, wat groter en kleiner stel na gelang rem krag benodig. Word die “limiter” genoem. Die gevaar is net daardie olie raak warm van die wrywing en kan dan ook die enjin laat warm raak. Daardie olie gaan ook deur ‘n oliekoeler voor langs die waterverkoeler. Die enjinspoed moet maar hoog bly berg af sodat die waaier vinnig genoeg kan draai.

Daarmee stel Johan ook dat die lorrie nie vinniger as sê 25 of 28 of wat ook al, kmpu kan ry berg af nie en die enjin hou hom self op daardie spoed. Moet net nie te vinig die berg bo begin nie.
Die perd het ook skyfremme op al 6 wiele.  Die sleepwaens het egter gewone drom remme.
Die enjin het ook gewone spoedkontrole soos ‘n motorkar. Ons ry spoed was so tussin 80 en 85 km/uur. Die maksimum wat die lorrie kan ry is 100 km/uur, omdat hy so gestel is op sy rekenaar, nie oor hy nie vinniger kan ry nie.

Langs pad hierdie gesien en nie kon dink hoekom wil jy jou besighheid daardie naam gee nie.



Sommige mense is ook maar half onverskillig met verbysteek. Gee nie om om oor die sperstreep te ry nie.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anderste vakansie 2
« Reply #1 on: March 19, 2013, 04:51:44 AM »
Ek stem saam, 'n trok loop op 'n spoor AB! Ons bly nog steeds feitlik teenaan die treinspoor (LOL, loop in die middel van die pad nog hierdie kant van die aardbol)en elke twee minute kom daar 'n roadtrain (grooooot lorrie) verby onse pandokkie. Dan se Outop, daar gaan ou Joe alweer  :icon_biggrin: wonder of AB 'n kiekie geneem het?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: anderste vakansie 2
« Reply #2 on: March 21, 2013, 01:54:36 PM »
Ek geniet dit weer en weer.  Dankie vir die toer na Pretoria.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Y

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 11
Re: anderste vakansie 2
« Reply #3 on: May 05, 2013, 11:37:15 AM »
Ai my hart verlang na die langpad as ek hierdie kiekies kyk.

Die rooi ER karretjie wat so oor die sperstreep ry is nie die bestuurder se skuld nie, dis al die passasiers wat gesê het hy kan maar, want toe HULLE bestuur her, het hulle dit altyd gedoen and dit het goed gewerk.