My eie ondervinding hiervan is dat hoe hard jy ookal gewerk het, wat jou titel / posisie ookal was / is in die firma, as jy nie die seniors altyd opvryf en saampraat en saamdrink, is jy maar net nog 'n werker wat jouself sal moet bewys.
Het my eers gegrief, maar later rustig geword en net my beste gelewer. Ek verkies nou om nie saam met die hoe bome rondgewaai te word, want ek is in myself gelukkig. Het niemand daar bo nodig vir wie jy heeldag moet blinkvryf. Dis scary at the top en boonop energie-tappend. Gewoonlik kry die die persoon wat dit nie werklik verdien, die posisie. En dit is fake. Punt.
Ek hang hier onder rond en verdien my punte met harde werk en ekstra myle. En boonop geniet ek dit terdee. En dit word deur eerlike en opregte mense raakgesien.