• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

DA'Agang Style..

Started by Angelica, April 29, 2013, 09:13:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Lyk my in die nie so ver toekoms, gaan ons die DA'Agang Style moet doen. Die tannies moet net hul dokumente mooi in harmonie bring.
(En ek het nog nie eens die Makarena (sien, alweer die spelling ding) onder die knie nie.)
elle

PM

Ek sal maar teen die muur sit en kyk.  Wall flower.   :icon_biggrin:
Jy mag maar vir my verduidelik wat dit is, want ek het nie die vaagste benul nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

DA = Helen Zille
Agang - Dr Mamphela Ramphele - Nuwe politieke party wat gestig is / binnekort gestig word.

Die twee vurige dames gaan in gesprek tree.  Hulle is al lank hegte vriendinne.  Hopelik sal Agang in koalisie met DA en ander partye werk.  Dit mag dalk net, en ons hoop baie sterk, die ANC verslaan in 2014.
elle

PM

Dankie vir die verduideliking.  Ek sit net met my neus in die boek en kry weinig tyd vir iets anders. 
Dit klink belowend.  Het darem al die tannie so skrams op die TV gesien en dit klink of sy kan water dra.  Hoop dit werk.
Dalk werk dit nou vir ons:  Eendrag  maak mag. 
Om te weet is om te verstaan.