• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Aanstap rooies

Started by PM, November 13, 2018, 11:57:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

AANSTAP ROOIES

Woorde: B.A. DE WET: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN


Aanstap rooies!  Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwassies swaai, swaai, laat julle kwassies swaai,
wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.

Uitspan kêrels, die dag se skof was ver,
die son trek lankal water, daar blink die awendster.
O steek maar die vure aan, aan, steek maar die vure aan,
en in die helder maan sal ons vannag hier staan.
Opstaan, inspan, die laaste trek lê voor,
nog lank voor dagbreek trek ons die eerste bultjie oor.
O, hoor net die sweep se slag, slag, hoor net die sweep se slag,
Tuis kom ons nog vannag waar ons geliefdes wag.
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Ek onthou hom darem baie goed vanuit my Voortrekker kampvuur aande  :hello2:
Kamp is koning!

PM

Ek wens regtig dat meer kinders die voorreg sal hê om saans, soos ons toe ons kinders was, om die vuur kan sing, grappies vertel, of net na die oumense se stories te luister.  Dit is 'n kosbare deel uit my kinderjare. 
Dan het my pa nog vir ons al die sterre uitgewys en dit was ook 'n hoogtepunt. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

'n Era wat verby is ... sniksniksnik.