HR kom van H/O JHB af om die personeel in die kantoor wat einde Nov moet klaarmaak, toe te spreek.
Een van ons departemente in die Medical Division maak toe en hulle Kaapstad tak deel 'n kantoor met ons, 'n ander afdeling van die Medical Division. (Ek werk vir 'n baie groot BEE Co met verskillende Divisies in die Mediese veld).
Die vorige dag vra ek die sekretaresse (wat ook moet gaan) of sy gaan reel vir eetgoed ens, nee se sy, sy gaan nie en as hulle wil koffie he, sal sy maak.
Ek besluit die aand dat ek iets sal voorsit.. sommer om die somber atmosfeer bietjie te versag.
Kry die oggend vars muffins en sit die kantoor se nuwe stel koppies en bekers uit met alles netjies in skinkborde gepak op die side boards in die boardroom. Kry vars koffie in die perculators en moet net aangeskakel word. Aircon op 'n gemaklike temp en alles is net te nice.
Die sekretaresse is woedend dat ek dit durf waag om in hulle meeting in te meng, maar nadat ek haar verseker het dat my bedoeling was om die spanning bietjie te breek met 'n vars koffie en muffin in die hand, het sy ingesien dat ek net wou help.
Goeie bedoelings word nie altyd so gesien nie. Met kommunikasie kan dit reggestel word. Maar ook dit werk nie altyd as die partye nie WIL verstaan nie.