Author Topic: Voel lekker afgehaal vandag...  (Read 2967 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Voel lekker afgehaal vandag...
« on: May 01, 2013, 04:05:46 PM »
So besluit ek toe vanoggend om sommer te gaan 'window shopping' doen.  (Wie onthou hierdie Sondag-middag outing ??)
Pragtige goedjies in die vensters, maar binne is dit deurmekaar.  Klere le op die vloer, afgeval van hangers. Kindertjies skree en mammies is besig om boots aan te pas.  Pappas is verveeld.  Die mans kry mos pyne in die bene as hulle shop.  Genuine.  My eks is 'n sprekende voorbeeld.
Het julle al iets wou aanpas / koop wat bo teen die plafon op 'n hanger is?  Hoekom is die mooiste, enigste ding wat jy in belangstel, bo teen die dak? En niemand in sig om jou te help?  Moet daar nie maar 'n trapleer of lang leer in die winkel gereed staan sodat jy jouself kan help?? Ek kan folio's skryf oor klere en my wrewel in die reekse wat in jou gesig gehou word as voortreflik.  As die kleur nie skree in jou siel, dan is dit deurskynend.  Nou, ek wil nie in die winter 'n blou jeans werk toe dra met 'n oranje-bont kort baadjie.  En ek wil ook nie 'n goud en swart brokaat pakkie dra met stewels op stelte en punte waarmee jy 'n slang bulls eye onder die gat kan skop.  Ek moet kan beweeg. Groter mense wil rolle en ekstras wegsteek. Wat het geword van vertikale strepe is verslankend?  Nee, nie in die groter reekse.  Horisontale lyne en strepe in groot helder kleure is mos in.  En wit... ag ek mors asem. 
Ek dwaal af.  Ek voel lekker afgehaal.  So is ek deur die make up department (mos departments) en die skoene.  By Edgars vind ek die perfekte enkel bootsies. Sulke swartetjies, lekker platterig vir vinnig beweeg, maar die nommertjie is te klein.  Aaaa... boksie op die onderste rak wat se:  Size 6 BLACK.  Ek gryp voor 'n ander vrou die boks weg en maak net eers seker.... swart en bruin. Iemand anders het 'n identiese boks gekoop:  swart en bruin.  Good for you.  Jy moes seker gemaak het.
My lip hang.  Ek gaan nou koffie drink.  Pana's het heerlike ontbyt teen R19.  Hoeveel is ons?  'Ons' is net ek. Jammer, maar ons bedien net tot 11am. Ok. Perfekte tafeltjie.  Ek wag 15mins voor ek iemand moet so te se gryp om my te bedien.  Jitte, ek is groot en baie duidelik.  Maar word nie raakgesien. Die pizza is lekker en die koffie nice.  Die kinders neem oor.  Ek wil skree:  Please control your kids in public places!! Ek gooi my pizza in 'n boks en kry my ry. 
My huisie is my plek.  Hier maak ek geraas as ek wil. Hier is ek stil as ek wil. Hier huil ek, hier lag ek, hier is ek ek.
Hier is niemand wat my nie raaksien, my ignoreer, aan my 'n paar onpaar bootsies wil verkoop. Hier is net ek en ek doen wat my kop vir my se dit nou wil he.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Voel lekker afgehaal vandag...
« Reply #1 on: May 02, 2013, 03:25:52 PM »
Nou het ek darem lekker gelag Elle.   Daai slangstorie het my laat skater. 
Hannes het gister verjaar en ons het gaan "uiteet" by Mikes Kitchen, die enigste plek hier rond.  Die kinders het ons ook gek gehad.  Dit was sokker en die pa's was histeries omdat hul span verloor het. 
Gee my ook die stilte asseblief! 
Dalk kan jy later weer gaan kyk vir die swart/bruin bootsies, iemand bring dit dalk terug?    :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.