• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

my stortkrane baklei

Started by adele, April 20, 2013, 07:27:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Heelweek nog het ek aan kouekraan  
die voordeel van die twyfel gegee   :icon_scratch:  
maar vanoggend beslis my kop geskud    :nono:
en aan warmkraan alle eer oorgedra   :toothy4:  

:grommit:  
adéle  :grommit:

PM

Hahaa, jy het nog stortkrane, ons het net badkrane.   :icon_biggrin: 
Vandag het ek vir Hannes gesê, prakseer ek my eie stort.  Dit is 'n vreeslike gesukkel om in 'n bad te probeer staan en was. 
Koop vir ons 'n visdampomp, seg ek, dan plaas ons dit in die bad met water, druk 'n verlengingspyn teen die muur vas met "wondergom" en daar stort jy.  So gesê, so gesoek, daar is nie visdampompies in Ta-Ta-Land nie, of nog nie ontdek nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Lekker lag ek nou vir die visdam-pomp.
Oe, eh, eh... daai ves, hy's by die see.
Prakseer 'n stort onder die boom met 'n emmer en tou. 
Mmmmm...heerlik in die ooptes.
elle

PM

Ek sou volhartig saamstem as dit somer was, maar hier is dit wetters koud en nat.  Dit is leeukoud sustertjie.  Die hoogliggende gebiede is toe gesneeu en my oumens lyf kry koud!  EK HET WARM WATER NODIG!

Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

As mens koud kry is bad maar die beste manier om warm te word.

Lang ouens soos ek weet uit dure ondervinding dat as jy stort in die winter vat die water so lank om by jou voete uit te kom dis yskoud teen die tyd wat die voete bereik.

PM

O hallie ha!  (Dankie Miss Piggy) 
Ek sou 'n lieflike warm bad uit my hart (of is dit uit my lyf) waardeer het, die probleem is om daar uit te kom,.  Die inkom is maklik, help my net uit asseblief! 
Om te weet is om te verstaan.