Wonderlik Fransi! My hart klop warm vir jou mamma. 'n Liefie vir haar.
Ek weet hoe benoud kan 'n mens raak as jy alleen moet vlieg. Gelukkig is Engels orals verstaanbaar en 'n mens kan altyd vra as jy verlore raak. Oppad Fillepyne toe moes ek by Singapore oorklim en daar kry hulle toe drie 303 patrone wat soetjies in 'n kantsakkie van die sak wat ek by my broer geleen het wegkruip. Sustertjie, toe ek die geklik-klak van gewere hoor en ek sien dit is op my gerig, toe bewe my broek asof dit die bangste broek in die wêreld is. Ek word toe begelei na 'n vertrek waar ek my vliegtuig kan sien. Ek moes vorms invul en baie hard verduidelik. Moes voor 'n x-ray masjien gaan staan, o gelukkig gelukkig en baie baie dankie vir daai ding, anders weet jy mos wat sou hulle met my gedoen het.
Ek vra toe vir die man hoekom is die drie patrone so 'n groot storie, 'n mens kan tog niks daarmee doen as jy nie 'n wapen het nie. Vertel hy toe vir my hoe mense dele van wapens insmokkel en die ander ouens bring die petrone in. Intussen sien ek hoe my vliegtuig gereed maak om te vertrek. Ek vra toe vir hom om die brief van my man se firma te lees wat ek vir hom gegee het waarin hulle bevestig dat ek oppad is om by my man aan te sluit. Sustertjie, dit was bloedsweet. Toe vat hy sy radio en man, die ou ken sy grieks, en daar maak hulle vir my die deure oop dat ek die vliegtuig kan haal. Ek voel nou weer hoe klop my hart, net aan die gedagte daarvan.
Vier ure se vlug na Fillepyne het my in stilte aangestaar, maar toe ek uiteindelik vir manlief sien, na 'n uur en 'n half se benoude gewag op die lughawe ('n storie vir 'n anner dag) toe maak die sluise sommer vanself oop en gelukkig het die ouens daar besef dat as hulle my nie gou deurlaat nie, gaan hulle nog verspoel.
Maak seker dat moederlief jou in die lughawegebou mag ontmoet. Van hierdie lughawens word net passasiers toegelaat. Dan wag jy binne en hulle wag buite.