• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Motorligte... aan of af?

Started by Angelica, April 19, 2013, 08:12:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Ek ry soggens vroeg werk toe.  Ek skakel altyd my motor se hoofligte aan. Dit is net vir my logies dat dit jou meer sigbaar maak vir ander motoriste en ook vir fietsryers en voetgangers.
Nou word dit al hoe vroeer donker en bly later donker in die oggend.  Hoekom sou bestuurders nie hul hoofligte aanskakel nie?  Is dit nie cool nie, of wat?  Ek vind dat byna al die motoriste in die Cape Gate omgewing nie ligte aanskakel nie. 
Of hulle wil bespaar op bulbs vir die ligte, weet ek nie, maar hulle spaar gladnie lewens as so 'n donker motor 'n ongeluk sou maak.
EN.... daai fottop taxis het ek nie eens genoem nie!!   
elle

Meraai vannie Baai

'n Baie goeie gewoonte om aan te leer sou ek se vir die ouens wat dit nog nie doen nie, Elle. Veral sekere tye van die dag, is grys of silwermotors amper onsigbaar as hulle nie met ligte aan ry!

AB

#2
ek sit as gewoonte my kar of bakkie se ligte aan waneer ek ry. nie op die plaas of hier in die omgewing nie maar as ek worcester toe ry al is dit net 15 km sit ek ligte aan. ek iwl hê ander moet my sien dan weet hulle van my.
hier on die omgewing ook sit ek aan so 45 voor sononder en 45 minute na sonop want a ek met die son agter my ry word die motoriste van voor verblind deur die son.


ddan kry jy mense wat die klok hoor lui het maar nie weet waar die bell hang nie, ry met parkeer ligte inpv hoofligte. vra ek eendag 'n omie hoekom ry hy met parkeerlige aan en nie hoofligte aan nie seg hy dis dat die karre van agter hom kan sien.........my maggies die karre van voor 's i groter gevaar as die van agter. maar dit het nei gehelp om hom dit te probeer verduidelik nie...sommige mense het hulle manier van doen en geen goeie redenasie sal hulle daarvan laat afsien  nie.

PM

Dis 'n goeie gewoonte om ten alle tye met hoofligte aan te ry.  Wat ook baie belangrik is, is om jou motor se deure te sluit dat iemand dit nie kan oop ruk nie.  Hou jou venster toe sodat iemand nie sy hand daar kan indruk om jou selfoon uit jou hand te ruk nie.  (Dit het gister met een van Hannes se kollegas hier in Ta-Ta-Land gebeur.)
Bêre jou bagasie in jou kattebak en moenie jou handsak oop en bloot laat lê nie.  Hierdie is SA!
Om te weet is om te verstaan.