Author Topic: boggelbome  (Read 1865 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
boggelbome
« on: May 24, 2011, 10:49:19 PM »
eenkant boom
arme boggelboom
weskus weeskind
suidoos se prooi
arms verwoes en rug skoon krom
blare heel deurmekaar gewaai

suidoos
jou woes verwoeste wind
soveel chaos wat jy saam bring
stof wolke woed alom jou vele voet
tolbossies rol om voor jou weg te kom

jou nalatenskap
blyk oral te wees
boggels orals ek vrees
geboë
gebreklik
verwoes teen hul sin
staan hul maar só
tuur die noord-wes in

boggelboom
ek is jammer, ou weskus kind
daar is geen salf te smeer aan dié wind
orals staan die boggel prooi
ag nee suid-oos
jy maak nie mooi
« Last Edit: June 19, 2011, 03:50:06 PM by louis weka »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: boggelbome
« Reply #1 on: May 25, 2011, 01:55:28 AM »
Nog 'n uitsonderlike stuk, Louis. Jy dig amper net so goed in Afrikaans as in Engels.  :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: boggelbome
« Reply #2 on: May 25, 2011, 11:15:05 AM »
Dit is uitstekend.  Jy neem my tot daar en ek beleef die hele woeste woes wind.  Ek hou van hoe jy van alliterasie en assonansie gebruik gemaak het.  Dit is goed gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.