• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die letter trio

Started by PM, November 29, 2012, 05:27:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Net vir die pret.  Raaitjie, kom help om die bewoording reg te kry as iets onduidelik uiteengesit is asseblief. 

Die letter trio
Minstens drie strofes of ses of nege ens.
Drie versreëls.
Twee, of al drie versreëls begin en eindig met dieselfde letter.
Daar is 'n vergunning om enige van die drie versreëls in die strofe, met slegs een van die letterwoorde te begin of eindig.  (In die voorbeeld het ek die derde versreël gekies.)
Dieselfde letter kan deurentyd deur die gedig gebruik word of elke strofe kan met 'n ander letter begin. 
Daar is nie 'n beperking in die versreëls van woorde wat met dieselfde letter begin nie.

sy is sestig  (eerste en laaste woord begin met es)
sterk op pad na sewentig  (so ook hier)
suster ek is lief vir jou  (slegs eerste woord begin met es, of jy kan die laaste woord met es begin)

jy is jolig                     
jonk     'n jasmyn.....'n juweel  (Hier het ek die beginletter verander, jy kan dit steeds es hou)
ja my sus     ek's lief vir jou

piekniek en piesangs
perskes en papajas
pas so perfek by jou
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe dit is wonderlike uitdaging. Ek loer nog na die struktuur se riglyne. Sal gaan kopkrap en probeer hoor!!  :hello2:

Meraai vannie Baai

#2
Dankie vir die heerlike uitdaging en splinternuwe struktuur matertjie! Ek het deurgaans net een letter gebruik.
Hierdie ene is dan ook sommer 'n opvolg van jou "S" skepping vanuit my posisie - eers alleen/magteloos, bose kringloop van wag op uitslae en dan met die ondersteunende saamwees-stut wat julle vir, en om my vorm, glinster die toekoms weer blinkstroompie en seil my skip volmas vorentoe.
:love7: :notworthy:

Trio (S)krabbels

Slu steel skete sonskynstrale.
Somber stoïsynse spieëlbeeld:
'Streepsaksiel'.

Sewentig spikkelgedagtes.
Sensoriese stippel sekondes
sleur, sleur, sleur...

Skreeu swangerstiltes
skrille sirkelgang
soekend, soekend, soekende...

Sò sweer soutsuursmaad
sy swartnag strepies spoor
selfvernietegend.

Stroomop, span stilte skoenveterstrikke.
Swik swakkes swyende - 
sinkend, sinkend, sinkend.

Simpatiek salueer Suiderkruis sterrenag.
Sku skyn sekelmaan sy
'Soutbos Sakrament'.

Sawens span sy seile;
soggens strek sonligsteltes
sewe seë wyd!

Spontaan sing stemme.
Snoetig snuif silhoeëtkoor's strofe
♫ saam-lag, saam-huil ♫

Stok & Staf - Sy Sínear Skeppingsplan.
'Saamwees Serenade'
slaap soete skapie, slaap...

© Meraai vannie baai

PM

Raaitjie, jy slaan my stom!  Dit is 'n perfekte voorbeeld en ek lig my hoed en knak my knieg!   :notworthy:

Ek was baie huiwerig oor die struktuur en toe kom vervolmaak jy dit!  Dit gaan boek toe Sustertjie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ekke moet hoed lig en knieg knak vir die kreatiewe hoek waaruit jy die letter woorde omskakel het in 'n uitdagende struktuur mater!! Dit baie baie geniet. Henske uitdaging om dit wat jy voel, oor te dra met beperkte woorde wat almal met dieselfde letter begin  :evil6: Dankie vir die pragtige kompliment!

PM

Toe ek die "eenletterwoord" moes toepas het ek gewens 'n mens kan net hier en daar 'n ander "letterwoord" gebruik, toe dink ek, hoekom nie?  Jy het dit uitstekend gedoen.  Dalk sal 'n paar ander maatjies dit ook probeer.
Ek het dit ook baie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hierdie is nou in die boek en ek  het nog 'n plekkie vir nog 'n voorbeeld julle ouens.  Laat die ink loop!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sien nou hierdie is  :book1: toe. Dankie vir die groot voorreg matertjie  :notworthy: :icon_salut: