Vanoggend wonder ek:
Maak jy (en hier praat ek met myself) 'n verskil? Maak jy 'n verskil aan ander se lewens, aan hul dag?
Maak jy enigsins 'n positiewe verskil?
Ek kry 'n oproep van my (skoon-)dogter: Ma, ons gaan by my ma-hulle braai vandag. Wil ma saamkom?
Natuurlik wil ma saamkom. Dit sal heerlik wees om weer met my naaste familie en my kinders te kuier. Dankie dat ek nog sulke uitnodigings ontvang en die heerlike verskil wat hulle aan my lewe maak.
Nog mense wat 'n groot verskil aan my dag (en lewe) maak, is my aanlyn-vriende. Sjoe, weet nie wat ek sonder 'n rekenaar sou doen nie.
Nog iemand wat 'n baie groot verskil maak, is my werkgewer. Hy het my 'n kans gegee op 'n nuwe beroep en rigting. Dankbaarheid le baie groot in my daarvoor.
Mense by die vulstasie, by die toonbank, die betaalpunt... ek spreek my dank uit aan hulle persoonlik, altyd. Hulle weet dat hulle 'n positiewe bydrae lewer.
Nou gaan ek blomme koop vir die slaaitafel.
Geniet julle dag.