Author Topic: Onbeskof in die parkeerarea..  (Read 3312 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Onbeskof in die parkeerarea..
« on: April 21, 2013, 11:35:56 AM »
Ek hoor hierdie geskree op mekaar in die parkeerarea, terwyl ek 'n paar meter van hulle in die teenoorgestelde rigting stap:
Hy:  'You made me look like an idiot!!'
Sy:  'You ARE an idiot.'

En ek dink, dit is beter om alleen te wees as om in so 'n verhouding / huwelik te wees.
Ek weet daar is baie tye dat ons met ons lewensmaats vassit, baklei, stilstuipe kry, maar om so in 'n publieke plek op mekaar te skree, is bloot onbeskof.
Ek wil nie julle baklei hoor nie.  Ek wil nie weet en hoor hoe on-lief op daardie oomblik en hoe min respek julle vir mekaar het nie.
Ek wil dit nie hoor nie. Dit het niks met my te doen nie.  Gee hulle nie om wie dit hoor nie? Wat ander van hulle dink nie?
Miskien het ek 'n ander droom of siening van hoe 'n huwelik of verhouding moet wees.  Maar beslis nie wat ek vanoggend gesien en gehoor het.
So, dit is beter (vir my, altans) om alleen te wees.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onbeskof in die parkeerarea..
« Reply #1 on: April 21, 2013, 11:50:09 AM »
Ek stem 100% met jou saam. Mens was net nie vuil wasgoed in die openbaar nie.
Ek het al "vriende" gehad wat mekaar so aanvat wanneer mens by hulle kuier of wanneer hulle by ons kuier. Raai wat. Ek kom nie meer by hulle nie en nadat ek vir hulle in my huis vertel het dat ek dit doodgewoon nie in my huis toelaat nie het hulle die boodskap gekry en nie weer kom kuier nie.
Ek en my gesin is beslis beter af sonder hulle.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Onbeskof in die parkeerarea..
« Reply #2 on: April 21, 2013, 12:20:02 PM »
Ek voel so ongemaklik in so 'n situasie.

Ek het al eenkeer perongeluk sommer aan die huil gegaan.(dit was nou nie in die parkeerarea nie) Ek kan sulke goed nie hanteer nie. Ek skreeu dan saam HOU OP, HOU OM VADERS NAAM OP!!!!!
  :color:

 :angel12:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Onbeskof in die parkeerarea..
« Reply #3 on: April 21, 2013, 05:27:33 PM »
dis die waarste waarheid hierdie ... vuil wasgoed in die openbaar staan my glad nie aan nie ... nie eers celebrities s'n nie ... ek kan nou maar eenmaal nie sensasiebelustig raak oor sulke dinge nie ...  maar ek kan baie gou in trane vloei wanneer ek liefde en goedheid en Genade beleef, of ek nou die mense ken of nie.

ek en my man het baie beleef ... probeer beleef ... maar ons het dit later uitgerafel. selfs my kinders moes leer om te onthou hoekom hulle tuis gestraf is en amper nooit nie eers voor mekaar nie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Onbeskof in die parkeerarea..
« Reply #4 on: April 23, 2013, 06:06:59 AM »
Sien ek nou die komiese hierin raak.  Kinders kom mos op 'n stadium dat hulle baie woelig raak wanneer hulle saam winkelsentrum toe gaan om inkopies te doen.  Dit is nog altyd vir my 'n pyn as kinders deur die gange hardloop en skree of jou skene vlenters stamp met 'n trollie.  Myne moes maar stemmig langs my stap en help "kies" watter produk om te koop.  Eendag raak twee van myne aan die stry oor 'n produk en ek sê kliphard  vir hulle, julle beter nou ophou stry of ek gaan vir julle ma sê julle kan julle nie gedra nie.  Die stryery het net daar gestop.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.