my hart word geknel
onder aanslae
van aardse ongenade
in skerwe gesny
en opgehang
aan brandende gedagtes
maar nerens
word die volmaakte
aan my beloof
daarom klim ek gereeld
die kortpaadjie tussen
my kniee en die vloer
om weer dievrees
van geliefdes se pyn
in Sy vrede te verdrink
ek sukkel die laaste dag of wat om alles te hanteer ... iewers moet ek krag gaan pluk want my reserwes raak op. Eben raak sieker en ons pas hom deesdae permanent op, al werk hy bedags ook rukkies in die houtfabriek, word hy gou moeg en soms duiselig. ek is so gelukkig om naby hom te wees, om hom in my lewe te he'
dan kom iemand baie na aan ons, amper ons ouderdom, laaste kind getroud, nog 'n kleinkind vir hulle oppad ... en nou wil mevrou skei! hoe verwerk mens dit? eintlik verwag ek nie 'n antwoord nie, ek wil dit net deel ... is gedeelde smart nog halwe smart?