• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Reën

Started by Naas, May 23, 2011, 01:15:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Vannag reën dit hier by ons. Nie tippe tippe nie, nee, Sjorrrr Sjorrrrr. In die nuwe SA sal ons seker sê "Dit reën Etniese dames met wandelstokkies" in plaas van my pa-hulle se gesegde van "Ou meide met knopkieries".

Die wind suis saggies deur die kloof
en jaag die volrond swanger wolke aan.
In baringsnood stort vrugbaar water
Oor dorre aard en dankbaar flora.

Vrolik wals die wolk se waterkinders
oor die sinkplaat op die dak.
Die opgewonde waterdruis
se trippe trappe trone
dans die cha cha deur my wese,
spoel al die kommer uit my hart
en ontkiem die hoop vir more.

Ek sink dieper in my verebed,
trek die dons stywer om my vas.
In die knus kokon van vrede
Ontkiem die afwagting van more.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

"In die knus kokon van vrede
Ontkiem die afwagting van more"

Wanneer die vuurvreet op my sinkdak plaat is dit die laaste gedagte wat deur my vloei...

Dis baie goed geskryf  :icon_bigsmurf:. Jy kan mens altyd so lekker wegdra met jou woorde...

:angel12:

Naas

Aag dankie my skattebol...
"Ek is net bietjie bang vir daai vuurvreet...!


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

 :icon_biggrin: Jy en my beterhelfde is mos mal oor daai geluid op die dak as die reen so val, ek wil mos altyd anders wees. Nou is ook nie 'n uitsondering nie. Hou nie baie daarvan as dit reen en ek moet slaap nie...Vuurvreter op die dak van my huis.  :icon_biggrin:

:angel12:

PM

Naas, hier het jy my toe Kaap toe gevat!  Dit is net daar, in die Moederstad,  waar sulke mooi dinge gebore word!  Dit is werklik baie mooi.  Anders as Trappies, dans ek saam met die waterkinders die cha-cha-cha op die dak! 
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek wag vir daardie tippe-tappe wat al hoe vinniger aanstorm en met Sjorrrr Sjorrrrr die nag insleep, geniet die winterreën, ons kry later die vriesende koue. pragtige gedig, Naas, die mooiste vergelyking met wegspoelkommer en knusse rustigheid waarmee jy jou omvou, nie meer 'n kommernis wat jou slaap versteur nie.

:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

 adéle ???
Dankie vir die mooi woorde.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

As jy die winterreen van die Kaap so mooi beskryf, mag ek dalk net met ander oe na die koue, nat, donker winter kyk.
:angel8:
elle

Naas

Ek is bly ek kon die winter vir jou so bietjie opkikker Angelica.
Ek hoop julle gaan almal baie tyd onner die warm dons spandeer.  :love7:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

"spoel die kommer uit my hart"  dit was vir my ook opvallend Adéle. 
Om te weet is om te verstaan.

Louis

reen wat so val op n dak is vir jy ook baie gerusstellend en noop my om snoesig te raak
hou baie van die gedig!