Vannag reën dit hier by ons. Nie tippe tippe nie, nee, Sjorrrr Sjorrrrr. In die nuwe SA sal ons seker sê "Dit reën Etniese dames met wandelstokkies" in plaas van my pa-hulle se gesegde van "Ou meide met knopkieries".
Die wind suis saggies deur die kloof
en jaag die volrond swanger wolke aan.
In baringsnood stort vrugbaar water
Oor dorre aard en dankbaar flora.
Vrolik wals die wolk se waterkinders
oor die sinkplaat op die dak.
Die opgewonde waterdruis
se trippe trappe trone
dans die cha cha deur my wese,
spoel al die kommer uit my hart
en ontkiem die hoop vir more.
Ek sink dieper in my verebed,
trek die dons stywer om my vas.
In die knus kokon van vrede
Ontkiem die afwagting van more.
