• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Hartstog

Started by Marius, February 23, 2013, 11:36:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Hartstog

Godin
u soen
se soekende smagtende lippe
lok my raak my daag my
verlei my
na Uthopia
waar
bloed
wild
stort
soos
'n waterval
deur my hart
en taboe flitse
deur my brein bruis:
Verbode visioene van
verstrengelde lywe tussen swart satyn
wat soos maalende vegtende slange daarin verdwyn;
waar rede vergete ongedy en kru vertap
oorgee aan drange ongetem en oer...

Kopiereg Marius Buys 2013

PM

Pragtig!  Die metrum jaag my saam deur die storie en ek is mal oor die halfrym wat jy so mooi toepas.   :notworthy:

Om te weet is om te verstaan.

PM

Hartstog

Godin
u soen se soekende
smagtende lippe
lok my
raak my
daag my
verlei my na Uthopia
waar bloed wild stort
soos 'n waterval deur my hart
en taboe flitse deur my brein bruis:
verbode visioene
van verstrengelde lywe
tussen swart satyn
wat soos malende
vegtende slange
daarin verdwyn;
waar rede vergete
ongedy en kru vertap
oorgee aan drange
ongetem
en oer...

© Marius Buys
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Beaam. Dit lees lieflik en intens.

Jeannedarc

kan ons seblief 'n ouderdomsbeperking hierop plaas want die film wat deur die woorde gewek stoom soos 'n sauna nie kan. i really enjoyed this. very well written in my opinion.

PM

 :icon_biggrin:  So gemaak!  Natalie, jy mag nie weer daardie bril opsit as jy fliek kyk nie!  :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.