Author Topic: Hoeveel?  (Read 2545 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Hoeveel?
« on: March 28, 2013, 08:21:45 PM »
Hoeveel lewens, Suid-Afrika,
hoeveel vergeefse lewens
gaan jy nog van ons vra?

Hoeveel gesinne, Suid-Afrika,
hoeveel  gesinne
gaan nog hartseer moet dra?

Wat gaan dit kos, Suid-Afrika,
wat gaan dit ons kos
om vryheid na te ja?

Wanneer gaan jou kinders leer, Suid-Afrika,
wanneer gaan hul eendag weet
dat haatspraak 'n doodskleed dra?

Wanneer is dit genoeg, Suid-Afrika,
wanneer het jy genoeg
bloed en trane van ons gevra?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Hoeveel?
« Reply #1 on: March 29, 2013, 05:48:39 AM »
Dit is baie mooi geskryf Gawie, die emosie is tasbaar.   :icon_salut:  Ek is seker Raaitjie gaan die een deps vir die boek. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoeveel?
« Reply #2 on: March 30, 2013, 09:54:39 AM »
Gawie daar is net EEN wat die digters eggo kan vervolmaak soos jy dierbare matertjie. Ek lief dit en stem saam. Die en is BESLIS 'n voorbeeld wat  :book1: toe by die strukture moet gaan!!