• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

dig

Started by Louis, May 20, 2011, 11:28:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Bruis na bo
borrel na vore
vertoon die skepping
van hart en siel
vrolik of bedroef
dapper of bang
stel jou hand op die proef
elke bui sit n gedig aan die gang
soms vrolik, soms hartseer
elke gedig het n les om van te leer
dig
jou frustrasies uit met pen op papier
dig
sprankel verse as die lewe ontsier
dig
om jou laste met ander te deel
dig
om jou eie hart te heel

Trapsoetjie

Praat jy 'n waarheid daar.

Dankie

PM

Dig, om jou werk met ons te deel!  Ek kry nie die regte woorde om te beskryf hoe ek julle werk geniet nie.  Dit is voorwaar 'n voorreg! 
Om te weet is om te verstaan.

adele

wow!! dis 'n kosbare aanmoediging

:grommit:
adéle  :grommit: