• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Klawernoot, klinker

Started by Jeannedarc, July 25, 2011, 09:17:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Sagvloeiend, fortissimo
Stroom note vanuit klavier
Op die wieke van vingers
Dartelend oor ivoor en raafswart klawer

In die dieptes van my hart
En die kronkelgange van my denke
Borrel en bons klinker, konsonant
Afwagtend om gespreek te word

Skaam skugter gly notebalk
Uit die vleuelklavier  se buik
En klinker konsonant glip glad
Van stemband en tong

Op die maat
Van 'n tokkelend kitaar
Trou klinker en konsonant
Met klawerklanke op hul notebalk

En gebore uit die huwelik
Van klawer en klinker-konsonant
Liedere en sang
Wat sag val op die oor

Ek het Vrydagaand 'n vertoning van Jennifer Zamudia bygewoon. Bo en Behalwe dat ek die vertoning vreeslik geniet het, het die inspirasie my ook beetgepak. En stout het ek toe in die vertoning begin skryf aan bogenoemde, ja op my smartphone wat mos eintlik maar 'n palm rekenaar is. Saterdag het ek toe gepoog om iets te skryf wat die huwelik en geboorte van 'n lied virsinnebeeld.

PM

Dit is baie goed gedoen en ek hou daarvan.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ekke ook, en jou titel trek dadelik my aandag.
adéle  :grommit:

Ah Willa

Ek hoor die klanke uit die klavier se buik - pragtig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Om te weet is om te verstaan.