• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gebakte eiers

Started by Terry, February 22, 2014, 10:42:46 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Kyk nou net hoe maklik en mooi jy jou eiers kan bak.  Ek dink dit is 'n baie goeie idee en sal dit self probeer.  Ek dink die soetigheid van die peper sal nogal goed met die eier werk.

PM

Werklik 'n uitmuntende idee, dankie Terry. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kom loer ek ook saam ons gas hier in, en nou is daar nie verdere aanwysings of foto by die plasing nie.
:dontknow:
Baie nuuskierig om te sien hoe die eiers gaargemaak word!

PM

Jy maak die pannetjie waarin jy die eiers wil bak warm en plaas 'n bietjie botter of margarine daarin.  Sny die pepers in ringe en breek 'n eier in elke ring.  Bak dit dan tot gaar.  Ek plaas 'n deksel op sodat die eiers bo ook gaar kan word, maar baie mense hou daarvan sag en loperig. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :hello2: :notworthy: Ek gaan beslis probeer! Sal fototjie neem as ek dit regkry  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie vir die oulike wenk. Ek het probeer en dit was regtig heerlik en mooi afwisseling. Outop was heel in sy skik. So het ons eiertjies gelyk net toe dit begin bak :icon_biggrin:


PM

 :hello2:  Pragtig!  Heerlik!  Dankie vir nog 'n pragtige foto Raaitjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek wonder of een van die amper 5000 mense wat hier gelees het dit ook probeer het.  Niemand seg niks nie!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Soms volg ek hulle so een-een en lees saam oor die skouer - partykeer genooi om saam te kom skryf maat tot nou swyg algar en as ek gou genoeg spring kan ek darem vir ons bewaar waar hulle aan't loere is  :icon_biggrin: :headbang:

PM

Ek sal tog nooit die mensdom verstaan nie, ek is te dom. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het dit al baie probeer en vrek daaroor.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.