Author Topic: Boodskap in 'n rooi koevert  (Read 1961 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Boodskap in 'n rooi koevert
« on: March 17, 2013, 08:15:15 PM »
twee duifies op 'n tak,
'n helder bergstroom lied,
die blare van 'n spierwit roos,
die huppel van die springbokram,
instruksies in die rooi koevert
wat ek vir jou wil stuur

die hitte van my lyf se voel,
die geure van die somernag,
die eggo van my fluisterstem,
die ritme van my hart se klop,
beloftes in die rooi koevert
wat ek vir jou wil stuur.

versigtig seël ek dit
met lippe pienk en sag,
en nou kan ek net rustig wag
tot jy vir my kom haal.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Boodskap in 'n rooi koevert
« Reply #1 on: March 17, 2013, 08:43:00 PM »
Baie mooi Gawelientjie.  Dit is sooooo romanties!
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Boodskap in 'n rooi koevert
« Reply #2 on: March 17, 2013, 08:54:36 PM »
like!!!

hitte van broei  :angel7: