• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Alleen

Started by Ans Botha, March 21, 2013, 04:03:32 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

ek wil jou arms
om my voel
jou asem in my nek
jou liggaam teen myne

ek wil jou hortende
woorde hoor
jou lippe op myne
jou bewende hande voel

ek wil weer ons drif
in ons ervaar
ekstase in jou bors
passie in jou liggaam

maar my arms is leeg
jou asem is egalig
jou liggaam stil
sonder ekstase

saam slaap ons
sonder enige hunkerings
jou hande bewe nie
oor my naakte liggaam

waar is jy my geliefde
droom jy van haar
met my hier langs jou
vol eensaamheid


PM

Baie mooi Ans. 
Ek wil dit graag onder die loep neem.  Miskien vind jy 'n beter woord vir "swakheid/swakhede". 
Kom help julle ouens.  Dit moet boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Goed ek kom na drie terug met 'n woord

Joe Daai Ou

Vir swakhede wat van hunkerings? Dan vir swakheid in vers drie wat van "Ek wil weer jou drif tussen ons ervaar" O hel ek is nie kundig genoeg nie verskoon maar, ek reageer net op PM se gedagte dat ons moet help! Baie mooi gedig van dit wat gebeur as jy oud worre, jy word koud en meantime is daar nog vuur in die kaggel en jy weet dit nie! LOL!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

PM

Dankie Joe.  'n Mens hoef nie "kundig" te wees nie, kyk nou net hoe mooi woord het jy daar gegooi. 

"Ek wil die hunkering
in ons ervaar"  - dan verloor ons die twee "onse" onder mekaar. 

Wat dink jy Ans? 
Skuus, maar dit is die "ontkenning" in my wat dit nie as 'n "swakheid" wil beskou nie.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek stem saam met daardie swakheid PM dit bestaan nie! Dankie Joe ek gaan nou mooi lees en jou voorstelle oorweeg

Ans Botha

Joe die hunkerings werk soos 'n bom, wat dink jy PM? maar ek twyfel 'n bietjie oor die sin "ek wil weer ons drif  in ons ervaar" dit klink beter as die swakheid maar nog nie reg vir my nie

PM

Ek het een versreël een plek opgeskuif.

ek wil weer die drif
in ons ervaar


Hoe klink dit vir jou Ansie?

ek wil jou arms
om my voel
jou asem in my nek
jou liggaam teen myne

ek wil jou hortende
woorde hoor
jou bewende hande voel
my lippe op joune


ek wil weer die drif
in ons ervaar
ekstase in jou bors
passie in jou liggaam

maar my arms is leeg
jou asem is egalig
jou liggaam stil
sonder ekstase

saam slaap ons
sonder enige hunkerings
jou hande bewe nie
oor my naakte liggaam nie

waar is jy my geliefde
droom jy van haar
met my hier langs jou
vol eensaamheid
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ja dit klink nou vir my reg PM

PM

Goed Ans, as iemand nog voorstelle bring sal ek dit in die boek gaan regmaak.  Alleen het sy plekkie gevind tussen jou bladsye. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Wat van om die "nie" uit te haal by "oor my naakte liggaam" klink net vir my beter.

PM

Die omies met die dikbrille en die boepensies seg ons moet die tweede nie gebruik in digkuns, want dit is die regte taalgebruik.  Ek doen dit wel, maar as jy voel jy wil dit nie daar hê nie dan haal ek dit vir jou uit Ansie. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dan moet jy dit maar terug sit PM, is reg so.

Ans Botha

Ek sien ons het hom nie uitgehaal nie. Hy is nog daar.