• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

anderste vakansie 3

Started by AB, March 19, 2013, 03:30:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

3

Johan werk vir 'n verfmaatskappy wat se fabriek in Somerset Wes is. Hy vervoer die verf landwyd na verskillende depots. Ons het so net na 6 by die Bloemfontein depot aangekom. Gelukkig besef die mense wat daar werk dat hulle moet aflaai waneer die lorrie daar aankom, al is dit na ure.



Die seile maak baie maklik oop en toe. Een man se werk.






Klein depot maar die manne wat daar werk laat waai en verkoop baie verf.




Na aflaai en weer verf oplaai, wat op spesiale aanbieding was wat verby is, het ons gou iets by die kafee gekry om aan te kou en die pad gevat Winbrug toe.
In Winburg ry ons reg op die kerk af en ek seg dat Johan eers moet stilhou. Gaan lê toe in die pad om dit af te neem.




Ons het by vriende van Johan gaan slaap in die dorp. Douw werk vir sy seuns wat 'n wild plaas en Arabier stoet het. Douw doen die bouwerk op die plaas. Hulle is nog besig om paar huisies te bou.

Een van die voltooide huisies, 2 wooneenhede, baie luuks, buite my begroting





Sitkamer, eetkamer, kombuis, kroeg en kuierplek. Onder is 4 slaapkamers met badkamers.





Uitsig vanaf die sitkamer se balkon. Ons het 2 renosters en 2 koedoes gesien.






Al die SA wildsbokke se velle



Sitkamerkompleks








En die man wat in beheer van die bouery is: Douw op regs en Johan op links



Meraai vannie Baai

Lieflike en beslis ook buite ons begroting Stoffel. Duisend dankies vir die heeeerlike anderste vakansie. Ek geniet!!

Joe Daai Ou

Sjiiiieee ou AB jy vat my ver terug.Dankie mater!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

AB

Ja Joe dit was 'n lekker rit en oë oopmaak vir my van 'n beroep wat ek wynig van weet.

PM

Dis hom-daai-foto's waarvan ek gepraat het AB.  Dankie matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.