Die afkappingsteken ( ' )
1. Meervoud en verkleining van woorde wat eindig op i, o, u
Israeli’s – Israeli’tjie, video’s – video’tjie
2. Geen afkappingsteken as dit deel van 'n diftong is nie
fooitjie, leeus, koeitjie, koutjie
3. Geen afkappingsteken as woorde eindig op oo, uu, ee nie
kafees, Vosloos, komitees
4. Geen afkappingsteken vir vokale met diakritiese tekens nie
ietermagôtjie, clichétjie, Fouchés
5. Geen afkappingsteken vir woorde met y/ie
whiskies, hierjys, cowboys, intervarsities
6. Lang “a” in die meervoud of verkleining
hoera’s, ja’s, ma’s peetpa’s
Maar nie oupas, dramas, tematjie nie
7. Selfstandige naamwoorde met “e” wat nie uitgespreek word nie
crèche’e en crèche’s, collage’e en collage’ie
8. Eiename met r, s, e, rs wat nie uitgespreek word nie
Terblanche’e - Terblanche’ie Cilliers’s - Cilliers’tjie
Marais’s - Marais’tjie
Let wel As jy nie die “rs” hoor nie kry dit 'n afkapping “s”
De Villiers word De Villierse
9. Eiename met t, x, z wat nie uitgespreek word nie
Du Toit – Du Toitjie Le Roux – Le Rouxtjie
10. Afkortings
HOD’s, BMW’s, b’s
11. Syfers
1’e, 1’etjie, 8’s, gr. 12’s
12. Klanke wat nie uitgespreek word nie
g’n (geen), ‘k (‘k sal nog)
13. Tussenwerpsels
b’r, m-’m
14. Vreemde woorde in oorspronklike spelvorm
hors d’oeuvre