• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Deelteken ( ¨ )

Started by PM, March 14, 2013, 07:01:00 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

 
Deelteken  ( ¨ )

Word op vokale geplaas
Dui nuwe lettergreep aan

1.   Twee vokale wat tot verskillende lettergrepe behoort
      beïnvloed, beëindig, priële, geëmigreer, reünie, naïef

2.   Word nie gebruik waar daar nie verwarring is nie
      dae, eien, geolie, geuiter

3.   Onderskeidings betekenis
      seel – seël, leer – leër

4.   Geen deelteken by –ieel, -ieer, -ieet
      finansieel, kopieer, dieet (let wel spieël)

5.   Afleidings van woorde wat eindig op –ieel, -ieer, -ieet
      finansiële, kopiëring, diëte

6.   Nie deeltekens by "a" en "o" wat "e" in ander lettergreep het nie
      beantwoord, beoordeel, skakelaars (let wel beïnvloed)

7.   Samestellings kry 'n koppelteken
      duiwe-eier

8.   Aan die einde van 'n reël as woord afgebreek word, is dit opsioneel
      be-edig of be-ëdig

9.   "ae" Verbindings kry nie deeltekens nie
      behae, dae, hael, swaer

10.   Woorde van vreemde herkoms met "aër"
      aërobies, aërosol, aërodinamika

11.   Meervoud van woorde wat eindig op ee, i, oe, e (nie diftonge)
      fee – feë
      alkali – alkalië
      chemikalie – chemikalieë
      knie – knieë
      wynproe – wynproeë

12.   Woorde wat op 'n "a" eindig en –agtig kry deelteken/koppelteken
      kobraägtig of kobra-agtig
      babaägtig of baba-agtig
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Respekvol lig ek my hoed en knak die knieg mater! Dit is kosbare inligting  :notworthy: :icon_salut: