Deelteken  ( ¨ )
Word op vokale geplaas
Dui nuwe lettergreep aan
1.   Twee vokale wat tot verskillende lettergrepe behoort
      beïnvloed, beëindig, priële, geëmigreer, reünie, naïef
2.   Word nie gebruik waar daar nie verwarring is nie
      dae, eien, geolie, geuiter
3.   Onderskeidings betekenis
      seel – seël, leer – leër
4.   Geen deelteken by –ieel, -ieer, -ieet
      finansieel, kopieer, dieet (let wel spieël)
5.   Afleidings van woorde wat eindig op –ieel, -ieer, -ieet
      finansiële, kopiëring, diëte
6.   Nie deeltekens by “a” en “o” wat “e” in ander lettergreep het nie
      beantwoord, beoordeel, skakelaars (let wel beïnvloed)
7.   Samestellings kry 'n koppelteken
      duiwe-eier
8.   Aan die einde van 'n reël as woord afgebreek word, is dit opsioneel
      be-edig of be-ëdig
9.   “ae” Verbindings kry nie deeltekens nie
      behae, dae, hael, swaer
10.   Woorde van vreemde herkoms met “aër”
      aërobies, aërosol, aërodinamika
11.   Meervoud van woorde wat eindig op ee, i, oe, e (nie diftonge)
      fee – feë
      alkali – alkalië
      chemikalie – chemikalieë
      knie – knieë
      wynproe – wynproeë
12.   Woorde wat op 'n “a” eindig en –agtig kry deelteken/koppelteken
      kobraägtig of kobra-agtig
      babaägtig of baba-agtig