• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koue

Started by Trapsoetjie, May 17, 2011, 11:50:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Trapsoetjie

Koue

Winter het my binne gedring
toe jy die deur agter jou toe maak.
Warm reendruppels het my wange benat.
Gure weer het my binneste oorgevat.

Storms woed, verwoeste blitse beur deur my.
Pyn het nog nooit so gebloei nie

Vuil, goedkoop, weggegooi,
is iets waarmee ek my nou tooi.
Vat my hand voor die aand verby is.
Te laat is net soos dit!

Deur alles wil ek hê jy moet een ding onthou.
Ek is baie lief vir jou!


©  :angel12:


PM

Mooi Trappies.  Jou pen is besig nê!  Ek hou daarvan.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ai, hoekom bly ons lief al word ons verguis?
Niks beter om dit te beskryf as 'winter'.
Pragtig.
elle