• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Zolkop

Started by Marius, March 09, 2013, 08:03:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Zolkop
(op die wysie van Big Spender)

Die oomblik toe ek jou oë sien
toe weet ek sommer jy's 'n daggaroker,
'n regte zolkop,
rooi ogies, hare lank
en wat ek nie verstaan nie
is hoe die girls oor jou tjank.
So kom ek tune jou sommer nou,
ek weet nie wat is jou mission nie my bra.
Hei, zol-roker, rook
tog maar 'n zol vir my, my, my, my- my

Jy sien ek's sopas uit rehab,
ek was ook voorheen 'n zolkop net soos jy,
'n aaptwak stoker.
My poison - Kaapse bong'
ek kan nie meer onthou nie
ek het gerook soos 'n klong.
Hei kom ek sê jou straight my bru,
my vrou moer my as sy weet ek praat met jou.
Hei, zol-roker, rol
tog maar 'n zol vir my, hei, hei, hei-hei!

Kopiereg Marius Buys 2013

:glasses9:

PM

Ek weet regtig nie of ek mag lag nie, maar ek doen, tik my maar oor die vingers.  Ek het dit baie geniet.
Om te weet is om te verstaan.

Marius

Baie 'n treurige waarheid in humor PJ. :)
:glasses9:

PM

Dit is waar Marius.  Tog is dit of die humor daarin dit versag. 

Om te weet is om te verstaan.

Marius

soos dit veronderstel is om te doen...