Hy kom die wagkamer binne en plooitjies kreukel ’n aansteeklike laggie om sy oe’. Hy deel ’n glimlag uit aan elkeen wat nie een het nie. Sy klere was al verslete nog voor hulle beter dae beleef het, maar sy te’ skraal lyf weet dit nie. Die plakkies aan sy voete was in ’n velsak tydens die Uittog uit Egipte. Tog is sy voete skoon en versorg en geen barsie kraak onder sy haksole nie. In sy skoot le’ sy hande nou stil. Die een handpalm na bo gedraai, wys eelte van jare se harde werk.
Een vir een word ons deur die binnekamers van die onkologiesentrum ingesluk net om, soms, later moeg en suf weer uitgespoeg te word. Ander kere kom iemand met ’n meer hoopvolle glans in hul oe’ daaruit as wat hulle ingestap het en soms kom iemand glad nie weer daarlangs terug nie. Af en toe kraak een van die dubbelhoutdeure oop en kyk die meeste van die binne-mense op sonder om te besef dat hulle dwarsdeur die nuweling kyk. Maar die lang man glimlag elke keer en lig sy hand effens. Wanneer hulle oe’ amper ontmoet is dit asof hy ’n emmer genade oor die mens uitstrooi. Dan neem hy, of dalk sy, so na as moontlik aan die lang man ’n sitplek in.
Dan kom haal ’n verpleegster hom. Hy maak die brieke los en toe sy die stoel begin stoot, waai hy vir ons almal. Maar hy kom nie weer terug nie. Voor ek latermiddag vertrek, vra ek die sekretaresse na die man met die mees vredevolle glimlag.
“Wie? O, Bert?” Ek knik.
“Hy sal nie weer hierlangs terugkom nie.”
“Hoekom nie? Makeer hy dan iets anders?”
Trane vul haar oe’ en een rol sku oor haar wang.
“Nee, hy het ook kanker, maar is vandag dadelik in die ambulans weggeneem.”
Ek verstaan nie heeltemal nie.
“Jy sal nog die roetine leer ken,” verduidelik sy, “wanneer iemand net ’n kortkort tydjie lewe oor het, word hulle opgeneem in ons hospice-huis.”
“Maar, iemand met soveel vreugde…”
Sy val my in die rede:
“en soveel daarvan het hy aan ander gegee. Hy is so lief vir blomme, ons het verlede week al beplan om sy kamer vol blomme te he’ as hy nou daar sou aankom.”
“Sou ek hom kon besoek?”
Sy verduidelik vir my waar die huis gelee’ is. My emosies wil die immergekraakte damwal breek, maar ek besluit dat dit nie is wat hy sal wil he’ nie.
Twee oggende later staan ek in sy kamerdeur. Hy draai sy kop na my.
“Jy was in die wagkamer…” Hy vra nie, noem dit net. Ek knik.
“Kom nader sodat ek jou hande kan vashou.”
Ek gaan staan teenaan die bed langs die kassie waarop ’n blompot vol veldblomme staan. By die voetenend is ook twee tafeltjies waarop blomme in alle kleure ’n lushof skep. Hy hou sy hande uit en ek vat dit vas.
“Hoe koud is dit buite?”
“Nie te erg nie maar die wolke rol van vroeg af oor die horison,” antwoord ek sag. Ons gesels nog bietjie.
“Laat ons bid,” se’ hy skielik ernstiger. Ek sluit my oe’.
“Here ons Vader, gaan met hierdie vrou en gee kalmte en rus. Sy is moeg gestry en wil ook haar hart in U hande oorgee.”
In die gang vee ek oor my nat wange. Iemand vat my arm en ons gaan sit in die portaal.
“Moenie oor hom huil nie, mevrou. Hy wil net blommegeur en vreugde he’ wanneer hy Hemel toe gaan.”
Ek begin ’n ervaring van kalmte voel.
“Ek wil graag vir hom een blom bring. Watter is sy gunsteling kleur?”
“Maar weet jy dan nie?” Sy lag met ’n traan. “Kleur maak nie saak nie, want Bart is blind, Sewe jaar al, weens die kanker wat in sy brein ingevreet het.”
By ’n blommewinkel koop ek rose en angeliere van elke kleur wat beskikbaar is, een van elk vir Bart en een vir my meenthuis.