• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sing vir my

Started by Ans Botha, February 05, 2019, 07:33:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Sing vir my

die dag as my woorde opraak
en ek sing nie meer in die wind
vir jou my liefdessimfonie nie
moet jy my vinnig vang
as die wind oor jou waai

die dag as jy my nie meer hoor nie
luister vanaand na die getjank van die jakkals
die roep van die uil
die brul van 'n leeu

maar as jy voel jy slaap nie alleen
weet ek is daar
vou my toe soos 'n kokon
in die hitte van jou arms

fluister jy dan maar vir my
'n liefdeswoordjie
vertroetel my saggies

sing jy dan vir my 'n liedjie
van liefde wat alryd bly
voor ek weer moet ry
op die wind se rug

©ANS BOTHA

PM

Ek hou hiervan.  Dit is lekker om so tydsaam alles te lees wat ek gemis het.  Nou is dit geraak, nie gemis nie!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Sjoe Ans. Die rillings sinkplaat teen my krom rug af.
Dit spreek prentjiemooi met my.
Bly jy is terug en sien uit na meer.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.