• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

En dis weer sulke tyd - die paaie lyk soos riviere

Started by Meraai vannie Baai, March 01, 2013, 09:11:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hulle het ons gewaarsku daar kom nog reen ... en van gister af het die sluise van die hemel weer oopgemaak en daar word nog meer reen verwag! Die groot rodeo saamtrek op ons cowboy dorpie is afgestel en ek hoop net die ouens wat reeds begin kamp het op die skougronde gaan dit betyds huistoe maak voor ons weer afgesny word van die buitewereld as die Condamine afkom!

Ons het vanmiddag gou ingegaan dorp toe om noodvoorraad aan te skaf want die boere verwag die creeks gaan riviere word en riviere gaan mere word. Met die terugkom het ons benoud gewonder of ons die huis gaan haal - toe begin die Jepie se 'alternator' lig brand en dit beteken die battery laai nie meer nie. Die Jeep soek nou 'n motorboot-engine want die paaie word riviere  :evil6:





PM

Wow, ek is net bly julle het veilig tuis gekom.  Dit moet baie benoud wees!  Pragtige foto's, dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.