Author Topic: As vandag nog lyk soos gister ...  (Read 8758 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
As vandag nog lyk soos gister ...
« on: February 25, 2013, 06:09:46 AM »
Saterdag oggend vroeg die 2 fotos geneem so in die ry.
Gou melk en brood gaan koop by ons plaaslike winkeltjie
oppad na Meisiekind hulle toe vir die naweek.

« Last Edit: February 25, 2013, 06:13:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #1 on: February 25, 2013, 07:58:46 AM »
So uit die goeie ou oude doos...

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #2 on: February 25, 2013, 08:15:30 AM »
Hier kry jy nog maklik 'n hele mandjie met vars vrugte en groente op die agterste sitplek as jy gou ergens indraf vir 'n besigheidjie en buurman het verby jou vier by viertjie gestap Marius! Ons het al verleer om te sluit in Gatkantland  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #3 on: February 25, 2013, 10:20:35 AM »
Dis julle dorpie maar die datum is verkeerd!   :icon_biggrin:  Goed gedoen matertjie. 

Hier by ons sal jou groente en vrugte verdwyn is jy nie toesluit nie. 

Hou ons tog op hoogte van die vloede.
Koop genoeg brood en melk en pad dit in die vrieskas.   :love7:
« Last Edit: February 25, 2013, 10:22:31 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #4 on: February 25, 2013, 11:10:06 PM »
Dit lyk werklik soos 'n toneel uit ons voorvadertyd ne  :icon_biggrin: Ons het eerste ding vanoggend eers gou geloer na die stand van die riviervlakke. Aan't styge alweer maar ons het dit verwag. Daar kom nog 'n front aan vandag en in die Noorde is 'n sikloon wat niks goeds voorspel vir die binneland nie. Sal julle op hoogte hou  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #5 on: February 26, 2013, 10:08:03 AM »
In die Sondagskool
AG Visser

,,Ja, veertig dae agtereen
en veertig nagte lank gereën!
Dis 'n rekord tot op hede."
,,Meneer, mag ek Meneer iets vra?"
,,Maar alte seker, Japie. Ja?"
,,Was die boere toe tevrede? "

Skuus, maar ek kon nie die een laat verbyglip nie.   :icon_biggrin:

Ek hoop julle kry nie te veel skade nie.  Alles is seker nog nie eers reg van die vorige vloedde nie. 
« Last Edit: February 26, 2013, 10:09:56 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #6 on: February 26, 2013, 10:49:46 AM »
Van die boere gaan beslis negatief antwoord PM  :toothy4:, die koring het verrot op die lande. :crybaby2:
Bittttter seer gesig om te aanskou hoor en daar kom nog reen. So die ouens wat wag dat hulle lande droog word sodat hulle kan ingaan met implente sit en naels kou op die oomblik. Dit reen en reen alweer ...  
« Last Edit: February 27, 2013, 01:10:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #7 on: February 26, 2013, 12:22:18 PM »
Skuus aan die boere matertjie, ek wou nie ongevoelig klink nie.  Jy kan verseker wees ek het daai klein duiweltjie hier op my skouer 'n deeglike preek afgesteek! 

Dit bring baie skade en dit is nie iets wat jy sommer gou kan regmaak nie, dit neem 'n hele seisoen. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #8 on: February 26, 2013, 01:53:26 PM »
Ekke weet dat jy dit nie ongevoelig bedoel het nie matertjie! :love7:  Ek het die gediggie inderdaad geniet en besef baie van ons boere sou moes kop skud vir nee... nie tevrede nie. Vanaand gesien die reen klaar more effens op maar nog 'n front oppad. Oi joi joi eers bars die aarde oop van droogte, dan verspoel ons en sowaar - hier is die volgende sarsie  :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #9 on: February 26, 2013, 02:04:37 PM »
Julle klink soos Suid Afrika! 
Hier by ons is dit bloedig warm vandag, lyk of ek 'n stortkoppie bokant my kop
het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #10 on: February 26, 2013, 02:12:40 PM »
Giggel ek vir die beeld wat ek nou sien  :icon_biggrin: Julle moet mooi ry more en gee asb vir ouma Naas 'n drukkie van ons af hoor  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: As vandag nog lyk soos gister ...
« Reply #11 on: February 26, 2013, 02:31:28 PM »
Ons maak so matertjie.  Baie dankie vir jou harde werk.  Sal wag vir die ander prentjie by die gedigstrukture.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.