• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Winkel van hoop

Started by Marius, February 23, 2013, 11:32:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Winkel van hoop

Ek wens ek het 'n winkel van hoop
wat splinternuwe drome verkoop,
waar jy jou seer hart om kan ruil,
waar jy afslag kry vir trane gehuil.

As jy versoek kan ons tyd verstel
en ook verlore hart se plek vertel,
gebroke beloftes weer waar maak,
en geliefde tweespalt sommerso staak.

Hier wis ons elke kwaal se kuur
en red ons als voor laaste uur,
reël besoeke aan oorledenes,
bring duidelikheid in die twyfelmis.

Ja, voorwaar wonderlik dié plek
met sy ritte tot voor hemelshek.
Ag man! Kyk tog nou hoe laf van my,
wat só net voor kerk met God wil stry.

Kopiereg Marius Buys 2013

PM

Dit is mooi geskryf met 'n verrassende einde.  Wel gedaan Marius. 

Om te weet is om te verstaan.