Pret met die Katolieke
Ek, 'n stoere Karookind, was gebore as die eerste baba van Oranjekrag waar my pa en oupa aan die Hendrik Verwoerd dam, vandag bekend as die Gariep dam, gewerk het. My ma het nogal 'n sertifikaat by die dorp se burgemeester ontvang om my geboorte te herdenk maar ek het 'n spesmaas dat in al die seremonie daar iewers 'n tong stewig in iemand se kies was. Ek vermoed dit is juis daar, met die grootword in 'n geslote dambouergemeenskap, waar ek die ondeundheid ontwikkel het van die tipiese plattelander wat homself moet vermaak in plekkie waar die mense om jou jou enigste vorm van pret was.
In my middeljare moes ek vir 'n wyle ons pragtige taal by 'n Katolieke Skool in Sandton gaan gee, en ek kon mos nou eenvoudig net nie die versoeking weerstaan om bietjie met dié verskriklik ordentlike klomp, personeel én leerlinge, die draak te steek nie.
Daar is 'n ongeskrewe reël in die onderwys: "Wat op toer gebeur, bly op toer", maar partykeer...
Oppad na die St. Lucia-wildreservaat se kampterrein, raak die graad 9 bulletjies se emmers vol van al die Simba skyfies en Coke wat hulle ma's vir padkos ingepak het. Dus, op een of ander Natal'se agterpad, by n enkeltoilet-petrol-stasie, in die middel van nêrens, moes ons stop, want dit was nou of nooit!
Uitgeklim, met 'n lang oordentlike ry van 60 seuns wat knyp, sien ek toe hiérdie plan gaan nie werk nie. Daar naby is gelukkig 'n lekker ruigte waar ons ons ding op grootskaal kan doen en wat buite sig van verbygaande verkeer is.
"Kom seuns!" beveel ek in my onderwyser-in-beheer-stem, en met n giggel of drie tree ons daar in 'n lang lyn aan vir n groep-pieppie.
Die een petroljoggie kom kyk so skuinslê om die muur kyk wat ons doen en ek sien hoe val die die arme man se gesig asof iemand hom sopas liederlik beledig of beroof het. Na n vinnige nekruk regsom, om te sien of een van die seuns nou weer strooi aanjaag, gewaar ek niks ter alarm nie. Seker maar n fyn besnaarde wese, dog ek oor petrolman se reaksie en gaan toe maar voort met besigheid.
Die afkeurende stip staar van die twee manne wat die petrol stasie beman het ons tot en met busklim agtervolg. Ek sit juis en tob oor die professionele wysheid van my massa-afslaan-oefening, toe my kollega Phillip, die biologie-onnie met 'n oor tot oor glimlag afhaak: "Het julle daai pragtige oes van "Cannabis Sativa" gesien?
Dis toe dat die somme sin maak, daai manne was vir ons kwaad oor ons op hulle volgende oes gaan water afslaan het! Ek kon my net indink hoe dié twee se kliënte gewonder het waar kom hulle bobbejaantwak se vreemde ammoniak aroma dan vandaan kom!
Nié dat die twee pompjoggies/entrepeneur tabak kwekers hulle óóit die sou vertel nie!
Onderwysers hét maar hulle gunsteling klasse, maak nie saak hoeveel die hoof die feit vir die ouers probeer wegredeneer nie, maar dan is daar ook dáárdie klas wat jou so opwerk dat jy eerder sal belastingsvorms in drievoud invul !
Omdat ons skool soms verlore periodes opmaak gebeur dit nou toe só dat ek die berugte graad 9B vir die laaste drie opeenvolgende periodes kry, en dit sonder eers 'n ou pousetjie vir my emosionele herstel van die klomp helle tussenin! Ek stap heel loodvoet na my tegnologie- sentrum toe, want ek het geweet wat wag al spelende, skreunde en bakleiende vir my voor my sentrum se deur.
Daar aangekom, was my verwagting ook presies soos ek verwag het. Jy weet sulke klasse vat mos twee keer langer om enige iets te doen as wat hulle moet! As die warm Santa Anna wind in Amerika waai, verdubbel die plaaslike moordsyfer statestieke en dié dag was een van daai bedomp-snikhete dae wat jou laat voel het dat klasgee in die swembad 'n goeie opsie sou wees.
"Weet julle hóé baie sien ek daarna na uit om hierdie volgende drie periodes voor hierdie klas te moet staan." (Ek kon die klaaglied in my hart nie langer onderdruk nie.) Daar in die agterry steek 'n stoelryer sy hand op.
"Ja wat?" vra ek.
"Meneer moet dit bietjie van ons kant van die tafel af probeer..."
Die klas bars uit van die lag! Ek ingesluit! Nadat ons almal tot bedaring gekom het, het ons toe eintlik 'n heel produktiewe paar lesse gehad, natuurlik op voorwaarde dat ons in die laaste rukkie van elke les n bietjie rugby kon gesels. Dit was darem die wêreldbeker in Johannesburg.
'n Standerd sessie is so 'n bedeesde onsekere ding in die eerste maand as hulle van die laerskool af oorkom. Ek het n óú WEBSTERS Engelse verklarende woordeboek, wat in die vroeë sestigs gedruk is, en waarin die woord "ejaculate" beskryf word as "a short sharp prayer". Ek neem aan hulle praat van iets soos "oh my God!" Meer belangrik is dat die hedendaagse weergawe van hoe ons die woord vandag verstaan, amper vyftig jaar later, glad nie aangedui word nie.
En het dié ou woordjie tog nou nie elke liewe jaar vir 'n groot pretkomplot gesorg nie, juis met die arme inkomende hoërskool nuwelinge. Hulle gaan deur daardie wonderlike fase waar hulle nog nie die hoërskool se onderwysers ken nie en waar net die beste voet voorgesit word.
Ek het dié woordjie soos 'n stiltebom, per ongeluk-aspris, in 'n les laat val. Ongemaklike stilte volg met 'n senuweeagtige giggel heir en daar en lekker lag ek in my mou as hulle daar tussen goeie maniere en Katolieke waardes van eerlikheid hang van skok. Die skool se leuse was juis "Confortare Esto Vir" wat manlikheid en moed beteken het.
Gemaak verbaas wil ek weet wat die probleem is imet my kwaai-meneer stem terwyl ek intussen, my mondhoeke amper onkeerbaar wil pruil van die lag wat ek moet inou. Hulle probeer heel gallant en met soveel waardigheid moontllik vir "Sir" verduidelik dat "Sir" die woord seker nie lekker verstaan nie, heel bewus van die feit dat ek 'n Afrikaans moedertaal onderwyser is...
Dis dan wanneer die klomp platvoet in my lag-lokval trap. Die Websters is vir die jongste mooiste nuutste bok-vir-sports juffie geleen en sy is ten volle bewus van die plan. My en die nuwelinge se debat loop natuurlik op die rotse omdat ek voet by stuk hou, driftiglik so omdat hulle die klas se "tyd" mors en dan kom ek vorendag dat die vinnigste oplossing sal wees om 'n woordeboek by my voorbereide juffrou gou n woordeboek te gaan leen.
Ek maak ook sommer seker ek stuur die een van die hoof grootbekke wat dan volstrek weier om te sê vir watter woord ons die boek wil hê as die juffrou hom vra. In my klas maak "Jammer, Sir!" die klomp nog eenstryks deur as die woordeboek daar aankom ten volle te verwagte dat hulle nou die arme Afrikaanse onnie in die verleentheid gaan stel. Tot groot verbasing en ongeloof word die verklaring oor en oor gelees todat ek naderhand hulle van my truuk vertel en met kinders grinnik en giggel van die lag begin ek my les oor neologismes en argaismes en hoe 'n taal tog wel voortdurend verander. Ek kry gewoonlik 'n paar kyke in die parkeerarea af van ouers wat wissel van oogknik tot hemelwaartse wenkbroue.
Die personeel ook nie my ondeundheid vrygespring nie, eenmaal op n akademiese personeel het ek vergadering met alle erns die mosie voorgestel dat ons skoolsport skade ly omdat die leerlinge te veel tyd spandeer aan akademie en dat die skool se beeld skade ly omdat ons n swak sportbeeld uitdra buite toe en dat vandag se ouers hulle kinders in sterk sport skole sit eerder as skole bekend vir akedemie.
Net soos langasem soos die vorige sin moes ek dit oordra sodat die akademiese tannies se "revs" nou lekker kon opbou en dat hulle goed kon kans kry om opgewerk te raak. Man daai vet brommer van 'n hengelvlieg het skaars water getref toe hap daar ten minste drie ONTSTOKE forelle daarna. Ek moes my "pose" hou want die hoof was al klaar knorrig oor ek laat ingekom het van rugby afgerig af. My pelle, wat onmiddelik gesnap het wat aangaan wou ook van hulle stoele afval soos hulle wou lag en het selfs die mosie tot uiterste skok van die juffies ondersteun. Die vergadering kon darem so paar minute se tuisvermaak voortgaan. :)
Ek het aanvanklik net ‘n paar klasse vir ‘n verwagtende onderwyseres gaan oorneem en dertien goeie jare later het ek eers aan die fantastiese skool en sy kinders totsiens gewaai. Toe was my selfoon truuk om die nuwe jong juffrouens te bel as ons in die middel van die "Our Father" is al so bekend dat ek nie eers een ou luitjie in die personeelkamer kon uitkry nie!
Kopiereg Marius Buys 2012