• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Stilte

Started by Marius, February 21, 2013, 10:26:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Stilte

Laataand jazz
filter deur
die ruis van reën
en straatligte skakeer vertrekke
in donker art nevoux kubisse.
My hart
pols rustig-ritmies
in tandem
met die pendel-suis
van asem -
longe toe en terug.
Veraf
vrablaf 'n hond opsoek na 'n langafstand geselskap
en my bed
kreun
as ek van sy verwissel.
Gate in die geute allouette-minjouette
in kontradruppel
en 'n kasplank knet as die nag se koue dit laat
krimp.
Alleenloop het sy voordele as jy die enorme
stilte
kan waardeer. . .

Kopiereg Marius Buys 2012

PM

Sover is hierdie my gunsteling.  Baie mooi geskryf.   :notworthy:
Jy weet natuurlik nog nie dat ons 'n woorddief hier het wat deur die lyne wandel en dit dan gaps vir ons boekie van woorde nie.  Sy is net 'n bietjie weg vir die naweek. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Ongelooflike skep van atmosfeer. Besonders geskryf.