• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Roeskransbaai

Started by adele, May 17, 2013, 10:46:08 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Haar hart het vasgerots
teen die hoeksteen
van Roeskransbaai
waar  takke uittroon
bokant die plat klip.
Deur 'n spleet
het die jong stam
eeue gelede gebeur
en wroegend uitasem
die plaat gekraak
om nou kruppelskeef
knoetserig
slaapplek aan honderde
wit voëls te bied.

Hartsgebonde groei
haar liefde vir woorde
van vreugde en geluk
geuiter deur die arms
van haar guns-geliefde,
rots hulle hul toekoms
teen die hoeksteen
van hulle herfs vas
voordat die winterjare
hulle met hangwange
en kieriehulp-bene
en krom knoetsige vingers
onder kniekombersies
tussen die mure  
van Roeskransbaai se
aftree-omgeehuis vasvang.

:grommit:  
adéle  :grommit:

PM

Dit is pragtig Adéle.  Hoop jy het my e-pos ontvang oor die grootte van die skrif.  Sal graag jou mening wil hoor. 
Om te weet is om te verstaan.