Hallo Wikus
baie welkom .... skiesie ek kom nou eers hallo se. Ons direkteur van tydsake - Theo Truter is in Sept 2012 met Autism gediagnoseer - dit gaan baie goed - ver bo verwagting, maar ons pas aan by nuwe dinge om hom te help ... so soms word ons tyd ingesluk nog voor ons kan kom hallo se ...
maar wil net gou vir jou se ... enige inteken of forum tegniese probleme - email ons asb sodat ons dit dadelik kan aandag gee daaraan - of laat Petra weet - sy het ons nommers en sal ons aandag dadelik op die probleem sit.
ek sluip so van tyd tot tyd hier in net om te lees en my siel te voed ... en soms borrel lag tyd vriendelik, dan kuier ek lekker saam.
sien uit daarna om jou werk raak te lees en wanneer tyd vriendelik smile - saam te kuier!