• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

JC - een maand oud

Started by adele, January 10, 2013, 09:19:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

                   onverwags klein
   het jy in ons lewens verskyn
   met vingers en toonjies
en soenbaar-bekkie
het jy ons harte gesteel
mag God jou lewenslank
behoed en bewaar
en jou lewensbootjie eendag
vir ewig na Hom toe vaar
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


Fransi


PM

Die pragtigste ogies en voorwaar 'n soenbare bekkie.  'n Mens kan hom sommer net liefie en liefie. 
Dankie vir die deel Adéle, ek hoop ons sien nog baie van klein JC'tjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

hierdie lyfie weeg nou al 4.4 kg ... het sy eerste inspuitings gehad ...en is nog baie saggies-soet ... so 'n maklike baba tot nou ... maar almal weet mos hulle kan verander veral wanneer daardie terrible two-jare nader kom
ek het so gesit en wonder wat voorle'

:grommit:
adéle  :grommit:

Ah Willa

ag mamma te mooi!!

Theo wil so graag a sibling he, dalk kan ons vir JC aanneem  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Kyk net daardie hand wat daardie lyfie vashou!  Dit spreek boekdele.   :sign10:
Die klein mannetjie het sulke wakker ogies, hy gaan nog kopstukke met sy ouma kuier. 

Baie dankie vir die foto's Adéle, wat 'n voorreg om dit met jou te kan deel.  As ek so na jou gesiggie kyk dan verlang ek eers. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

Adéle, jy praat seker al klaar saam met die oumas en oupas wat seg dat hulle baie liewer is vir hul kleinkinders as vir hul eie kinders.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

 hie hie,   :icon_biggrin:  baie jare gelede het 'n oom vir my pa gese'
     Dolf, as ek geweet het mens is so lief vir jou kleinkinders en hulle is so dierbaar, het ek hulle eerste gehad...

ek het dit baaaie jare later eers verstaan want wat weet 'n laerskoolkind nou van kinders, maar ek was darem ook baie lief vir my grootouers gewees   :love7: 

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Nou kan jy souself regmaak om 'n nar te word, weer kind te word en saam met die kleinding op die grond rond te kruip. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Oeeeee! Ja nee, ek het met my eie ma gesien hoe verspot 'n kind 'n ouma kan laayt lyk. Geniet hom jong! Dis 'n kosbaarheid.

Meraai vannie Baai

Liefffflik Adele! Die wonderlikste ding om ouma en oupa te word ne. Ek lief elke sekond van my 'grootouerskap' en oupa Blessie se narstreke verskaf aan klein en groot vermaak LOL! Ons drie jarige prinsie is so bekkig ek kan my verluister aan hom. Vertel Outoppie hom laas naweek weer iets en voor hy nog klaar is hak kleinding af: "that is one of your old stories oupa!"